Woord

  • 1

Foto: Canva

sonder om te voel
my toon in te druk
of my hart nat te maak
duik ek in jou en
jy, woord,
omsluit my.
Ek buig voor jou kaggel
word oud in jou veiligheid
en as ek later wegloop
al druppender drup,
verlang ek na jou lettergrepe
deur my lyf

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top