Ek wil jou toevou vanaand

  • 0

Foto: Canva

Ek wil jou toevou vanaand

Ek wil jou net saggies vat – 
so báie saggies
my arms om jou vou
jou so veertjie-lig maak
en optel
en saggies vasdruk
en niks praat nie
nie harde woorde nie
nie skril stemme nie
jou net saggies in my arms toevou
dat jy moet weet
ek is só lief vir jou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top