A22

  • 1

Foto: Canva

vir ’n sekonde
in die Skeinatklas vaar jou vingers oor myne
en in daardie moment faal Newton se wet
Coulomb s’n ook
die son wentel om óns:
die middelpunt van die sterrestelsel
sonneblomme bemin jou
die lug muteer na geel
my hartsklanke bring golwe
na ’n monotoon
kruine krimp na trôe
gravitasie is ’n heilige taboe
uurglase vul opnuut
ons skiet die sterre
met ’n kettie en klip
en in daai oomblik
– net in dáárdie oomblik –
faal alle wetenskaplike wette
drie, twee, een
– vir ons

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top