
Foto: Canva
Ek en jy
Gister haal al swaar asem
vandag kan darem gaan
terwyl môre oor die kruin lê en wag
om net nog ’n dag vol te maak
om vandag se vrugte te kan pluk
ek en jy is al amper dood
kleinkinders is al amper groot
terwyl die koffie in die kan oud is
terwyl die kinders hel stout is
gaan alles maar soos altyd
nie te sleg nie
alles is nie net weg nie
woorde hardloop soms die straat af
as ek kopaf agterna loop
om soms die verkeerde op te tel
so loop die tyd
met ’n kierie
die laaste bult uit
ek en jy gaan dood
uit ons skuld uit
om te weet
die kwaad is vergeet
want dit baat mens niks
behalwe om jou hart te besmet
met ’n slet van agste straat
terwyl die dokter se raad help
om jou jig te verlig
wat soms so in die vingers intrek
ek en jy het toe waarheid gekry
om die leuen agter ons rug te kry
want waarheid kry die skeepsreg
al die kwaad gaan eindelik weg
toe was hierdie ou lewe
op die ou end –
glad nie so sleg.

