Die vlieër

  • 0

Die vlieër

Ek hoor weer gister se melodieë
hoor verleë herfsblare ritsel en kraak
Dié weg was een van gister se weë
Iets het dit hier binne wakker gemaak
Die Lente, sy is deurmekaar
’n vreemde verkeerde gevoel
dié tyd van die jaar
Lankal vergete die sensasie
van tesame bly en seer
weer seer is bly en soveel meer
Ek’t gedink ek het die vlieër
daar bo in die blou lug sierlik onder beheer
Die wind is sterk te sterk om te keer.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top