
Foto: Canva
Wintersmôres
op helder wintermôres
koud soos hierdie een
is die Bolandse lug
so onbevange blou
is die Bolandse berge
so onbesonne blou
dat dit jou hart van heimwee kan laat pyn
heimwee wat weemoedig en wit
soos ’n flitsende steekpyn
jou binneste
deurskiet
jou deurboor
sodat jy
tussen hemel en aarde
bly hang
en jou hart
vir altyd na hierdie plek
hierdie helder plek
hierdie blou plek
terug sal hunker


Kommentaar
Ek hou hiervan. Jy kry dit reg om ‘n bekende plek en gevoel in my te herroep.
So mooi.
Baie spesiaal, Willem.
Baie spesiaal en aangrypend.
Voel of ek daar is.
Die skrywer kry dit reg om die koue wintersoggend en die blou lug léwe te gee , jou siel aan te gryp...
Hoe verlang ek nou terug na die Boland!
Hierdie laat nou my hart pyn van heimwee! Baie mooi geskryf, Willem!
My hart pyn nou so intens, dat ek huil.
Besonders.