Sekelwoorde

  • 1

Foto: Canva

Jy breek my in halfmaan-stukkies
met een hand
een glimlag
en vou my
liggies in jou sakdoek
steek my in jou hempsak.
Jy skryf my
sekelwoorde
opgekrul in jou dagboek
en lees my
soos die dagstuk
op jou bedkas
en ek kruip saggies uit
as jy die bedlamp afsit
en fluister jou dagdrome.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top