Mag tyd stop

  • 2

Foto: Canva

Mag tyd stop

mag tyd
stop
as my kinders
aan my voordeur klop

mag die
se-kon-des
sta-dig tik

se’blief

kwartaal se kuiers
word ingeprop
soos daai mond
vol marshmallows
op daai foto daai keer

kan die
se-kon-des
sta-dig tik

ons siele
moet mekaar
weer vind
om veilig
tevrede
te voel

laat die
se-kon-des
sta-dig tik

gooi dobbelstene
en arms om mekaar
gooi hout op die vuur
en wéét:
ek is daar

hier vir jou

mag die
se-kon-des
sta-dig tik

as my kinders
aan my voordeur klop
mag tyd
stop

se’blief

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top