Corlie Liebenberg

Corlie Liebenberg is lief vir woorde en lief vir tale en probeer versigtig werk met die kommunikasie wat deur hierdie woorde en tale bewerkstellig (kan) word. Sy het ’n BA aan die NWU verwerf en later ook ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat deur UNISA. Sy was al ’n gastehuisbestuurder, kommunikasiebeampte, onderwyser en ’n toerkonsultant. Tans is sy ’n tutor, ’n vryskuttaalversorger, ’n deeltydse onderwyser, ’n naaldwerkbeginner, ’n wynglasmerker-maker en -smous en sal nie nee sê vir nog kreatiewe uitdagings wat oor haar pad kom nie. Bo en behalwe alles, is sy ’n voltydse ma van twee pragtige jong manne.

Haar skryfliefde begin al op laerskool. Die oemf wat sy kry uit die spelery met woorde, is (in haar kop) dieselfde oemf wat Sherlock Holmes kry uit die oplos van ’n misdaad ... Daar is gewoonlik ’n aha!-oomblik waar alles sin maak en die lekkerte daarvan tasbaar is. Sy skryf gedigte en opstelle en knutsel met woorde wat soms werk en soms nie. Enkele gedigte vind hul pad na die universiteit se digbundels; Poetry Institute of Africa; en onlangs gaan lê haar woorde ook hul plek vol in Finesse Voelgoed Tydskrif se #RegteGeloof-bundel. Sy sien uit na nuwe skryfmylpale en nog aha!-oomblikke in 2021 en verder die toekoms in.

Dit wat mens nie kan kies nie

Corlie Liebenberg Fiksie 2021-02-11

"My oë vang die ruiker voor in die kerk. Dis vrolike blomme. Soos hy was. Hy het meer as eenmaal gesê dat wanneer hy eendag doodgaan, maak nie saak wat die oorsaak is nie, hy tog net nie wit blomme wil hê nie."

Top