Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Eerstehandse, indringende chaos

Jean le Roux Poësie 2023-06-08

"En ons ritme, in die nag ’n metronoom;
Waar ons lig en donker, die goed, die sleg
Verweef tussen fluisters wat net in ons harte woon."

Ewige rewolusie

JMT Labuschagne Poësie 2023-06-08

"ontbal die slagspreuk
van jou vuis"

Net handbagasie

Jaco Wolmarans Fiksie 2023-06-08

"Jy gaan daai bagasie hier moet los, Domingos. Of dit nou jou skuld was of nie. Jy moet dit hier parkeer voor jy ’n kaartjie koop. Gerlach is nie die eerste een wat ons begrawe nie. Jy was saam daar. Angola. Ons het mense verloor. Ons was almal op een of ander manier verantwoordelik, Domingos. Hierdie hande het bloed op. Ons almal s’n."

Eerste liefde

Jacques Boshoff Poësie 2023-06-08

"Die winter het egter
deur oop vensters ingewaai
en ons warmte verdring"

Woord

C-Son Poësie 2023-06-01

"en as ek later wegloop
al druppender drup,
verlang ek na jou lettergrepe
deur my lyf"

Vlerke

Michelle van Graan Poësie 2023-06-01

"ek hoor weer êrens ’n seemeeu roep
en sprinkel water van vergifnis
op jou trapspoor in my hart"

Wyser

Leona Conradie Poësie 2023-06-01

"... want tyd se bene is nou lank
en ons eie wil is nie bestand
teen tyd se lang hale nie."

Môre is nog ’n dag

Dibi Breytenbach Fiksie 2023-06-01

"Texeira gaan nog leer. Miskien nie vandag nie. Miskien nie eens môre nie. Maar hy sal leer. In hierdie werk leer almal dit op die een of ander stadium: Die glorie van oorlog lê nie in oorwinning nie, maar in oorlewing. Môre is nog ’n dag."

LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot

LitNet Slypskole 2023-05-30

Die drie-week-residensie sluit in: retoerkaartjies na Gqeberha (Port Elizabeth), indien nodig, vervoer tussen die lughawe en Somerset-Oos, ’n gerieflike, eie "kamer met ’n uitsig", die Stigting se inwonende sjef se heerlike maaltye en onbeperkte toegang tot die internet.

LitNet’s Kommadagga workshop with the Jakes Gerwel Foundation and Huisgenoot

LitNet Books and writers 2023-05-30

The residency includes return tickets to Gqeberha (Port Elizabeth), if needed, transport between the airport and Somerset East, a comfortable “room-with-a-view” of your own, housekeeping services and delicious meals prepared by the Foundation’s resident chef.

Ek vereer nie kleur nie

Johan van der Merwe Poësie 2023-05-25

"God vereer nie kleur nie
wit bruin of swart nie
Jesus het my beste vriend geword
Hy was God –
wat vir altyd lewe
Hy het nie gesê wit bruin of swart nie."

Ek wens

Willem de Swyger Poësie 2023-05-25

"ek wens
ons het daardie road trip gedoen
waaroor ons gepraat het"

’n Ode aan my ma

Lee Hensberg Poësie 2023-05-25

"My ma is
huis-toe-kom
die pleister op my seer
die dolos wat die waters keer
die eggo wat in die blink
van my kinders se oë klink."

A22

Daan de Swardt Poësie 2023-05-25

"gravitasie is ’n heilige taboe
uurglase vul opnuut
ons skiet die sterre
met ’n kettie en klip"

Ek wil jou toevou vanaand

Gideon Brückner Poësie 2023-05-18

"en niks praat nie
nie harde woorde nie
nie skril stemme nie
jou net saggies in my arms toevou"

Ek en jy

Johan van der Merwe Poësie 2023-05-18

"woorde hardloop soms die straat af
as ek kopaf agterna loop
om soms die verkeerde op te tel
so loop die tyd
met ’n kierie
die laaste bult uit"

Lewenslint

Daan de Swardt Poësie 2023-05-18

"bo my katel hang ’n string LED’s
waaraan ek soeweniers
met wasgoedpennetjies vasknyp"

Die son is ’n sekel

C-Son Poësie 2023-05-11

"’n Lugleegte die kern van die gloed
maar soekend, migrerend soet
’n wordende kosmos
’n c-son in my hand"

Die dooie vis

Reinet de Waal Poësie 2023-05-11

"Vergewe my is wat ek vra.
Laat my lewe is wat ek eis.
Ek is immers nie ’n vis nie."

Die reis

Johan van der Merwe Poësie 2023-05-11

"alles verder
net ’n seën
tot daardie houtpak sak
die paar mense huil"

Top