Woorde

  • 0

Foto: Canva

Woorde

Woorde is my maaltande
waarmee ek die lewe verstaanbaar verpulp.
Ander gebruik woorde vir die teenoorgestelde rede.
Probeer slim klink sodat niemand verstaan nie.
Ek het destyds gelees die water is troebel gemaak
sodat jy moet dink dit is diep.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top