Spreekbeurt
Dankie, die onwillekeurige antwoord
wat geen emosie dra
soos ’n checkers-sak vol niks
vasgewaai teen retoriese vrae
Woorde, sinnelose klanke
iets om na te gryp
stilbly maak anders geraas
die slaagsyfer vir druip
Lees, ’n gesprek self omskep
stel die beeld in staat
en voorkom dat misleiding
verby die mond praat
Praat, ’n geleentheid
’n kans om die stilte te ruk
sê wat bedoel word
forseer die oor om te sluk