Marisa is gebore in 1985 in die plattelandse dorpie, Bethal. Dis hier waar sy haar kinderjare en hoërskool loopbaan voltooi het. Die dorpie het haar soms vasgedruk en begin van jong ouderdom gedigte en kortverhale skryf. In 2004 begin sy drama ndip te studeer te TUT in Pretoria. Sy sluit in 2009 aan by Mbongeni Ngema se teater geselskap en vertolk hoofrol in” The Lion Of The East". Sy skryf verkeie toneelstukke en eenbedrywe wat vir opvoedkundige doeleindes op die planke gebring is.
Sy maak ʼn groot draai in haar loopbaan Mei 2015. Sy doen aansoek vir kleuterskool as peuter opvoeder. ʼn Impulsiewe maar verreikende besluit. Sy skryf op gereelde basis kleuter gedigte vir haar klas wat haar daaglik inspireer.