Dans

Foto: Canva
’n Dogtertjie kom sy die lewe in
Haar ouers druk haar styf vas
“jy is ons s’n”
Sy kruip en loop en begin te dans
Die musiek raak wild
Maar sy hou balans
Die ritme van die wêreld klop saam haar hart
Sy huppel en dans
Vir almal se part
Sy is trots maar skaam en die liedjie speel aan
Haar asem raak vlak
Sy weier om te knak... haar drome is groter
Vas. Gevang tussen triomf en misluk
Fluister God vir haar
“Jy is My meesterstuk”


Kommentaar
Ek het lanklaas so 'n pragtige gedig gelees, welgedaan!
baie dankie Magrieta
Pragtig Marisa!
Eerlik en uit jou hart.
Dit inspireer 'n mens om net jouself te wees.
aaah liewe Essie ... eks ge-eerd!
Voorwaar 'n meesterstuk! Pragtig geskryf
Dit word so uit my siel waardeer.