Douvoordag
douvoordag
op hierdie
kraakvars
somermôre
wat steeds heel is
en ongeskonde
ingewig lê tussen
blou berge
groen akkers
is ek weer ’n kind
want oombliklik
kan ek glo
dat die wêreld goed is
veilig en regverdig
en dat ons
– ek en my geliefdes –
die dood vry kan spring
Kommentaar
So mooi en teer.