LitNet | STAND: Teaterresensie van Tsekmate (weergawe 2)

  • 0
Hierdie resensie vorm deel van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Die tien deelnemers skryf elkeen ’n resensie waarop die mentors dan terugvoer gee. Daarna gaan hulle kans kry om weer aan hul resensies te werk, nog terugvoer van die mentors ontvang en dan hul resensies finaal afrond.
Hier is die tweede weergawe van Paul Kammies se resensie.

Tsekmate: prikkelend, confrontational enne ontleding van die hantering van outsiders

Op papie issi storie van ses gevangenisse intriguing, die typa storie wat jy sal dink isse drama. Ongelukkig is die vehaal nie so eenvoudig’ie – die kwessies van vryheid, die notions van normality, die soektog vi survival; alles inni microcosm vanne tronk geplaas. ’n Skaakspel wat alles betieken, no redo’s, no teachers. Tsekmate vra jou ommi game te speel, tewyl’ie chessboard gemaak van rande, bottlecaps, toppatjies en scrunched-up Bybel pages is.

Die toneelstuk het ees in 2022 debut as ’n produk vanni wêk vanni derdejaa-dramastudente vanni Stellenbosch Drama-departement, naamlik Henrietta Cloete, Mikyall Harris, Nathaly Lottering, Ethan Patton, Nequin Petro, Tamia Thompson en Adri-Jo Waterboer, en is deu Amelda Brand facilitated. Tsekmate welcome ’n refreshing take oppi epic theatre genre, ’n styl wat veskillende scenes interlock sonne ommi essence van reality te briek, maa bring ook die lewens na vore, dieselfde way soes Fugard se The Island. Die geselskap hetti play ge-workshop wat die geleentheid vi nuanced characters en multiple perspectives gebied’et, niemand is agtegelaat’ie. In die way van ammal se stemme gebruik en ná ammal se input kon hulle die produksie uit volle bors ontwerp. Strategically. Intentionally.

Die theme wat stêk inni eerste gedeelte vanni play vookom, is die concept van identity. Die stuk in die geval vra virri gevangenisse waa hulle inni lewe inpas, nie net binne die tronk’ie, maa oek buite. It sitti question vanni chess pieces inni kollig; dit sitti rol vanni bewaarde/gevangenisse inni kollig. Assi stuk aangaan, begin ’n mens te vestaan van hierdie labels is dinge wat jy moet ansit, gebruik en wee afwas. Die feit vanni saak is dat die lewe inni selle mean dat jy moen altyd ’n character by jou het, om jou te protect, om jou te defend. Tsekmate issi bang om albei kante vanne villain te wyssi, om die outsiders as human te portray. Issi sodat hulle die audience se sympathy kan opwêk’ie, is net daa om te wys dat hulle stemme oek menslik is, ingeval jy nie so gedink’et nie of as jou understanding van dai oppevlakkig is. Ôs sien die constant cycle van prejudice tienoo mense wat “different” is. Die skaakspel op hierdie moment is die one team vs homself, issit norag, doen’et iets constructive?

Tsekmate issi net textually jarring nie, maa dit gryp aan jou sintuie as well. Die geselskap is hoogs professional. Lottering en Harris se skryfwêk is deliberate en duidelik. Die geselskap speel saam mekaar soes ’n orchestra, in sync met mekaar. Hulle los alle beperkings backstage en elke emosie van woede, vrees en waansin voel ampe soes ’n nuwe emosie, die manier hoe hulle dit uitvoer tewyl hulle die kwesbaarheid van hulle karakters wil afskud. ’n Gehoorlid sal beslis betower wies deu die suiwer energie van elke toneel watse pacing jou hart aan ’n wilde klop sit. Die beligting lat jou unsafe voel, amper asof die king open is oppi chessboard watti vehoog veteenwoordig – take note van die clanging trommels, die reuk van tobacco, die blaas vanne megaphone enni convicting nature vanni karakters. ’n Goeie en stimulerende produksie wat ook van die toekoms van teater in Suid-Afrika getuig, dat kunstenaars belangrik is omdat hulle vir ôs verskeie perspectives op ’n situation wys en ôs ootuig om ôs oorspronklike posisie te reconsider. Die toneelstuk sal jou aanraak op mee as net een manier. Jy moet uitkyk, want as jy vi een moment wegkyk, sal iets jou onkant vang. Jy’s volgende oppi lys.

[Soos die bewaarder die karakters se name lees stap hulle almal vorentoe na die eerste rang van die bord toe.]

Isaacs: Richard Konstabel; Nadine Botha; Carl Cloete; Lyntjie Prins; Paul Pienaar en Marilyn Arendse.

[Die karakters praat almal gelyktydig met die gehoor, terwyl die ligte uitdoof en die skaakklok-geluid in die agtergrond speel.]

ALMAL: [Saam] Ons, ons was ook eens op ’n tyd deel van julle.

(Tsekmate 2022:47)

Is belangrik om te note dai laaste line vanni toneelstuk word gesê mette reckoning. Tsekmate remind ’n mens alhoewel jy nie die game own nie, moet jy saamspeel. Alhoewel jy nie die game own nie, moet jy onthou ’it behoot’ie aan iemand nie. It remind jou om te try om mense beter te hanteer or else is al wat ons oo het, rage.



Teaterresensie: Eerste weergawe

LitNet | STAND: Teaterresensie van Tsekmate (weergawe 1)

Mentorsterugvoer: Eerste weergawe

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Eerste mentorsterugvoer: Tsekmate, geresenseer deur Paul Kammies

Mentorsterugvoer: Finale weergawe

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Tsekmate, geresenseer deur Paul Kammies

Lees ook:

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top