LitNet | STAND: Teaterresensie van Tsekmate (weergawe 1)

  • 0
Hierdie resensie vorm deel van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Die tien deelnemers skryf elkeen ’n resensie waarop die mentors dan terugvoer gee. Daarna gaan hulle kans kry om weer aan hul resensies te werk, nog terugvoer van die mentors te ontvang en dan hul resensies finaal af te rond.
Hier is die eerste weergawe van Paul Kammies se resensie.

Op papie’ issi storie van ses gevangenes intriguing, die typa storie wat jy sal dink isse drama type. Ongelukkig, issie vehaal nie so eenvoudig’ie – die question van vryheid, die notions van wat normaal is, die strategy van survival, alles is inni microcosm vanni tronk geplace. ’n Skaakspel wat alles betieken, no redo’s, no teachers. Tsekmate vra jou ommi game te speel, tewyl’ie chessboard gemaak van rande, bottlecaps, toppatjies en scrunched-up bybel pages is.

Tsekmate welcome ’n refreshing take oppi epic theatre genre. ’n Styl wat ve’skillende scenes interlock sonne ommie essence van reality te briek. Daa is oek moments waar’ie audience directly aangespreek is met kwessies. Net oppi basis van dié maak it al ’n goeie ruimte virri voices wat inni toneel ve’skyn. Die toneelstuk het ees in 2022 debut as ’n produk vanni wêk vanni derdejaa’-dramastudente vanni Stellenbosch Drama Departement, naamlik Henrietta Cloete, Mikyall Harris, Nathaly Lottering, Ethan Patton, Nequin Petro, Tamia Thompson en Adri-Jo Waterboer, en was deu Amelda Brand facilitated. Hulle hetti play geworkshop wat die geleentheid vi nuanced characters en multiple perspectives aangebied’et; niemand was agtegelaat’ie. In die way van ammal se stemme gebruik, en ammal se input kon hulle die produksie uit volle bors ontwerp. Strategically. Intentionally.

- Ek is ’n man van God.
- Ek is ’n nongelosh.
- [subtiel] Ek is ’n outsider.

(Tsekmate, 2022:3)

 Die theme wat stêk inni eerste gedeelte vanni play veskyn is wel die concept van identity.

“Is jy ’n nommer of is jy ’n frans?”, die eeste line vanni toneelstuk. Die stuk in dié geval vra virri gevangenes waa hulle inni lewe pas, nie net binne die tronk, maa oek buite. It sitti’ question vanni chess pieces inni kollig, dit sitti rol vanni bewaarde/gevangenes inni kollig. Assi stuk aangaan begin ’n mens te ve’staan van hierdie labels is dinge wat jy moet ansit, gebruik en wee afwas. Datti labels deu ’n generational understanding ge-enforce is. Die feit vanni saak is dat die lewe inni selle mean dat jy moen altyd ’n character by jou het om jou te protect, om jou te defend. Tsekmate issi bang om albei kante vanne villain te wys, om die outsiders as human te portray. Issi sodat hulle die audience se sympathy kan opwêk, is net daa om te wys dat hulle stemme oek menslik is, in geval jy nie so gedink’et nie of jou understanding van dai oppevlakkig was.

- Here, almagtige God en Vader. Sal u asseblief hierdie sonde van my weg vat en wees my arme sondaar genadig.
- Sommige mense wiet mossie van sorry sê nie.
- My oupa was ’n gangster, maar kykie hy wassie ’n gangster met guns nie, hy was ’n smart, casanova ou. Ja right, hyt nou en dan met messe gesteek.

 (Tsekmate, 2022:25)

Inni play is daa karakters watti deel vorm vanni prison system, die virginal being, die pastor type. Is maa’ net toevallig dat hulle inni tronk is (wat in sy eie way ’n kritiek lewe oppi prison system), maa die gevangenes hanteer hulle as outsiders, as mense watti behoot’ie. Ôs sien die constant cycle van predjudice tienoo mense wat “different” is. Die skaakspel op hierdie moment is die one team vs homself, issit norrag, doennit iets constructive?

Tsekmate issi net textually jarring, maa dit gryp aan jou sintuie as well. Die geselskap is hoogs professional, Lottering en Harris se skryfwêk, en standout performances van Waterboer, Cloete en Patton (but die hele cast is insane) wat relentlessly true is. Not to mention die klanging trommels, die reuk van tabacco, the blaas vanne megaphone, ligte wat jou expose, enni roaring vanni karakters. Die toneelstuk sal jou aanraak in mee as net een manier. Jy moet uitkyk, want as jy vi een moment wegkyk sal iets jou omkant vang, jy’s volgende oppi lys:

[Soos die BEWAARDER die karakters se name lees stap hulle almal vorentoe na die eerste rang van die bord toe.]

Isaacs – Richard Konstabel; Nadine Botha; Carl Cloete; Lyntjie Prins; Paul Pienaar en Marilyn Arendse
[Die karakters praat almal gelyktydig met die gehoor, terwyl die ligte uitdoof en die skaakklokgeluid in die agtergrond speel.]

ALMAL – [saam] Ons, ons was ook eens op ’n tyd deel van julle.

                                    (Tsekmate, 2022:47)

Is belangrik om te note, dai laaste line vanni toneelstuk is gesê met confrontation, mette reckoning. Tsekmate remind ’n mens alhoewel jy nie die game own nie, moet jy saamspeel. Alhoewel jy nie die game own nie, moet jy onthou’it behoot’ie aan niemand nie.

It remind jou om te try om mense beter te hantee, or else alles wat ons oo het is rage.

Mentorsterugvoer (Weergawe 1)

Mentorsterugvoer: Tsekmate, geresenseer deur Paul Kammies | LitNet STAND-teaterresensieslypskool 2023

Lees ook:

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool | Theatre review workshop

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool: aankondiging | announcement

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top