LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Tsekmate, geresenseer deur Paul Kammies

  • 0
Hierdie mentorsterugvoer vorm deel van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Die tien deelnemers skryf elkeen ’n resensie waarop die mentors dan terugvoer gee. Daarna gaan hulle kans kry om weer aan hul resensies te werk, nog terugvoer van die mentors te ontvang en dan hul resensies finaal af te rond.
Hier is die finale terugvoer op weergawe 2 van Paul Kammies se resensie.


Terugvoer: Wayne Muller

Jou teks lees nou makliker in Afrikaaps, sonder dat ’n mens iewers vashaak en ’n sin weer moet lees. Inhoudelik is dit sterk en jy het meer konteks bygewerk. Die lesers kry nou ook ’n goeie idee van wat jy van die stuk gedink het en jy help hulle besluit of dit in hulle smaak sal val.

Al wat ek bykomend sou doen, is om weer te redigeer met die doel om jou gedagtes so bondig moontlik te stel – dus gefokusde sinne sonder onnodige woorde. Sorg dat elke woord noodsaaklik is. Daar is ook ’n paar werkwoorde wat nie idiomaties goed werk nie, soek hulle en vervang hulle. Hier is ’n voorbeeld: “Die beligting lat jou unsafe voel, amper asof die king open is oppi chessboard watti vehoog begrond...” Die laaste drie woorde is onnodig en “begrond” klink nie reg in hierdie sin nie.

Terugvoer: Mercy Kannemeyer

Paul Kammies skryf so eerlik, so uit die hart uit, so sonder om aan te sit. Dit is lekker om ’n resensie te lees wat nie te hard probeer om iéts te wees nie – dis net ’n goeie resensie. Goed geskryf. Deurdag. Toon ’n werklike verstaan van teater, en ’n diepe begrip vir wat die teatermakers met Tsekmate beoog het.

As ek móét nitpick, kan die resensent aan die volgende aandag gee:

  • Hoekom vra Tsekmate die gehoor om die “game te speel” (paragraaf een)?
  • Hoe gryp Tsekmate aan die sintuie soos wat die resensent in paragraaf vier skryf?
  • As die resensent skryf “die toneelstuk sal jou aanraak in mee as net een manier”, noem ’n paar maniere?

Slim keuse van die resensent om die einde van die toneelstuk as die einde van die resensie te gebruik. Die laaste sin maak my só opgewonde “It remind jou om te try om mense beter te hanteer, or else is alles wat ons oo het rage.”

Sterk resensie. Ek wil vir seker Tsekmate sien wanneer dit weer iewers op die planke is!



Mentorsterugvoer (weergawe 1)

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Eerste mentorsterugvoer: Tsekmate, geresenseer deur Paul Kammies

Teaterresensie (weergawe 1)

LitNet | STAND: Teaterresensie van Tsekmate (weergawe 1)

Teaterresensie (weergawe 2)

LitNet | STAND: Teaterresensie van Tsekmate (weergawe 2)

Lees ook:

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top