Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

1994

Shirley Retief Poësie 2023-10-05

"vanuit die dorre aarde
verskyn uiteindelik
’n teken van
lewe"

Persverklaring: Die 2023-AVBOB Poësiekompetisie is ’n viering van Suid-Afrika se poësie-erfenis

LitNet Skryfkompetisies 2023-09-28

’n Keur van opdraggedigte en ses Khoisan-gedigte uit die Bleek en Lloyd-versameling rond die bloemlesing af. Hierdie omvattende bundel is saamgestel deur die hoofredakteur van die AVBOB Poësiekompetisie, Johann de Lange, en die Tshivenda-redakteur van die kompetisie, Agnes Mawela.

Mag tyd stop

Corlie Liebenberg Poësie 2023-09-28

"as my kinders
aan my voordeur klop
mag tyd
stop"

Arm wals

Thérèse Fensham Poësie 2023-09-28

"solank as die kosprys op
die hemelbesem staan
solank as inflasie altyd
kaalvoet bly kraam
solank die rooimiere
jou skuld wil beaam"

Hoopvol

Christo Meyer Poësie 2023-09-28

"Kom kuier vir jou ma
terwyl sy nog hier is
Ek is moeg van elke dag hoor
hoe sy haar dogter mis"

AI

Stephan Du Toit Poësie 2023-09-28

"Ons het jou geskep: uit nulle en ene,
uit Archimedes en Einstein, uit Shakespeare ..."

Liewe (9.0)

Bibi Slippers Poësie 2023-09-21

"ek moes jou ontmoet om te leer wat ek is: net arms
wat wolke probeer opraap om te bottel, net armleegtes"

Liewe (8.0)

Bibi Slippers Poësie 2023-09-21

"en toe jaag ons ’n perd tot in ’n cul-de-sac
en my bloed klop what-the-fuck what-the-fuck"

Liewe (7.0)

Bibi Slippers Poësie 2023-09-21

"jy keer telkens terug, uitsluitlik daarop ingestel om brand te stig
maar selfs in vlamme kan ek my rug nie volledig op jou keer nie."

Namibië

Ina Van Vuuren Poësie 2023-09-14

"So ’n dorre land
almal deel saam, die hegte band.
Hy wil verras
met flenters van kameeldoringbas."

Hierdie ding

Andries Fourie Poësie 2023-09-14

"en hier in my denkervlugte
wag daar aasgedroggesigte
al swewend oor my bang
se binnekring" 

Demensie

Thérèse Fensham Poësie 2023-09-14

"Jy was geen tannie nie
jou naam was magriet
maar toe het jou drade veels te jonk
begin skuifelstap
terwyl fladders van jou ou self bly herkou
soos die wanste sin vir humor"

Streef

Stephan Du Toit Poësie 2023-09-14

"Skenk in U trou dít vir ons uitgemeet
waar ons nou, pleitend, vat aan U kleed." 

Troue

Ina Van Vuuren Skryfwerk 2023-09-07

"Sal ons dans
in die maanlig se glans

in die rondte draai
en op die klimop swaai?"

Net sewe jaar oud

Christo Meyer Poësie 2023-09-07

"Hy praat oor sy kleinsus
Van byna vyf jaar oud
Wat roerloos op haar bed lê
Haar liggaam styf en koud"

Lied van duiwe

Bester Meyer Poësie 2023-09-07

"ek hoor nou nog die duiwe se gekoer in Rietkuil se laning
en as ek die gedagte volg is jy daar, êrens aan die anderkant"

Free play

Eduan Naudé Poësie 2023-09-07

"en ek besef
my wêreld is kleiner as joune,
dalk selfs kleiner as jy"

Van voordat ek kan onthou

Willem de Swyger Poësie 2023-08-31

"waar sal ek –
selfs noudat ek self kan praat –
die woorde vind
die regte woorde
om behoorlik dankie te sê?"

Geure

Johanette Pretorius Poësie 2023-08-31

"Soveel geure gom generasies,
sommerso, terloopserig, aanmekaar"

En later

Sandra Nortje Poësie 2023-08-31

"koue van bo na binne
val ruggelings aan
in kamers waar beelde van gister
aan dun-dun draadjies hang"

Top