
Foto: Canva
Universiteit
Ons leer oor die
ongelykhede
van klasse
en rasse
en al die bewegings
van feminisme
oor en
oor en
oor
word daar gepreek
oor al die
eindelose
oneindighede
wat ons generasie moet
beëindig
ons met ons
oorfone
(om die wêreld uit te doof)
slimfone
(want ons wil kies wat ons kyk)
en klere
(wat by ons styl MOET pas)
terwyl ons agter blink glas
gierig ons hande opsteek
want ons
(die uitverkorenes)
ons ken die antwoorde
sloer daar
doer onder
aan die voet van die berg
’n hawelose
die pad af

