Highway to hell

  • 0

Foto: Canva

Highway to hell

Vroegoggend
kry ek ’n letter van die courier guy.
Hemel alleen weet van wie…
Dis pikswart en vol as.
My naam is groot engrave in goud
met ’n tyd.
Ek gooi dit op die ander pill.

Laatmiddag
kry ek ’n anonymous boodskap.
’n Lang paragraph oor wie ek is
Met T’s en C’s.
Ek block en delete die nommer.

Om middernag
lui my huisklokkie.
Ek gluur deur die gat

’n jong man in ’n Tux
met ’n Limousine.
Hy wys my sy watch.

Hy gee my ’n suit,
maar ek is nie by dit nie.
Ek gat somme in my sweetpak.

Die nommerplaat vang die hoek van my oog:
US 431

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top