As gister so uitspoel

  • 0

Foto: Canva

As gister so uitspoel

As al gister se gedagtes en klagtes uitspoel
op vanoggend se verlate strand
tel ons dit maar net op
gooi wat moet in die asblik

bêre wat kosbaar is in die skatkis
sodat ons môre mooi kan seil
as die winde reg is
as die ou klagtes weg is

want die lewe het sy liedjies
wat hy sing en ons laat dans
tot diep in die nuwe jaar
as gister se klagtes nie swaar dra

aan ons diepgesnyde wonde
wat so aanhoudend klop en klop
baie mense verstaan niks
niks van seer en weer gebeur nie

van nerf-af val oor jou eie bek nie
baie mense oordeel so maklik

tog sit ons hier met gister
toe die weer sleg was

toe ons verlore was
op die oop rowwe see
in ʼn baie klein bakkie
wat gelek het met een riem

so ons weet daar is ʼn God
ons het Hom gesien
verdien toe ons nie wou betaal nie
dan as gister so uitspoel glimlag ons maar net

want ons weet.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top