Eerste liefde

  • 2

Foto: Canva

My eerste liefde

My hart skip ’n beat
jou stem in my kop 
is op repeat.
Skoenlappers wapper in my maag:
“moet ek dalk hierdie kans waag?”

In jou donkerbruin
oë is ek verlore
ek volg my hart se voetspore.
Jou drukkies laat my veilig voel
ek weet vir ’n feit ons is vir mekaar bedoel.

  • 2

Kommentaar

  • Janica, jy laat my glimlag met jou manier om ou bekende uitdrukkings anders te gebruik en rym te betrek. Die gedig sal seker 'n lekker lied word, of om dit sommer net hardop te sê. Ek dink aan: "jou stem in my kop / is op repeat". En: "ek volg my hart se voetspore". Dan die aangename finaliteit van: "ek weet vir 'n feit ons is vir mekaar bedoel".

  • Baie dankie Danie, ek waardeer dit opreg. Ons sal maar sien of hy ń lekker lied kom word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top