
Foto: Canva
Die presteerder
Op skool word
jy gegooi in ’n wasmasjien
om en om
tuimel jy
en probeer
soveel seep en water
as moontlik
opneem
om te sien wie die meeste skuim kan maak
aan die einde
van die siklus
sal dié wat van die kante afval
eerste verwyder word
dié wat bly klou
beland bo in die
samelewing
tog word ons almal
aan dieselfde wasgoeddraad
gehang


Kommentaar
Mooi!
Pragtig! So diep en kwesbaar, dit is werklik uitstekend