1994

  • 0

Foto: Canva

1994

vanuit die dorre aarde
verskyn uiteindelik
’n teken van
lewe

met groot versorging
word water gegee en
dag na
dag

daaraan aandag gegee

na lang verwagting
word die steel met
trots
na die hemele gelig

groot vreugde
bars los
as die eerste
blom verskyn

Pragtig, onoortreflik

Dan
Skielik
Kommer
Want

die kosbare blomme
se blare
verlep
een vir een

verlore hoop

die glorie word
’n ou herinnering
soos herfs
oorslaan na winter

maar kyk,
ondergrond bly die
wortels
geanker, sterk

lente sal weer kom

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top