
Foto: Canva
Troue
Skoenlappertjie mooi
in fluweelsagte vlerkies getooi
Ek bring nuus vir jou
Sprinkaan gaan trou!
Jan Pierewiet is seremoniemeester
’n taak reeds bemeester
Sal ons vaar oor die rivier
in ’n neutedop, reeds gehuur?
Sal ons dans
in die maanlig se glans
In die rondte draai
en op die klimop swaai?
En by wees as die twee
mekaar die ja-woord gee…
Skoenlappertjie mooi
in fluweelsagte vlerkies getooi
Sal jy die blommemeisie wees
by die groot fees?


Kommentaar
Wat 'n voorreg vir my, baie dankie vir die publikasie van my gediggie, en die voorstelling daarvan is pragtig! God bless!