Reis

  • 4

Foto:Canva

Reis

Wag vir my, Mamma,
met ’n bos Sint Josefslelies in jou arms,
die kruis van silwer ’n singende lig
wat uit jou verbrokkelende ribbekas verdwyn.
Ek plaas my hande op jou benerige heupe
stuur jou skuifelend uit die koue vuur
na die goudgevulde oggenduur.
Laat maar die lelies langs jou val.
Jou liggaam laat my moeisaam los,
ek sak af in die agtergelate holte in jou bed.
Kom, neem my saam, al die reste van my
wat jy sorgsaam in vrugwater begin het.
Verduidelik vir die Engel ons is
mede-ingesalfdes op jou laaste reis.

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top