
By die afsterwe van BB
2024-12-19"Nie alleen oor ’n verspeelde geselsie nie,
lê ek op my bed en treur oor Breyten."

Die griewe van verdriet
2024-12-12"Dalk sal jou ma onthou, Celesté.
Die jaar toe Van Wyk Louw huis toe is,
was hier groot rugby in die land."


Boomgedig
2024-07-25"Van die eerste lettergreep af plant ek bome.
Op vier‑en‑sestig wil ek nog een plant"

Stilsteen
2024-04-17"in statuur verdwerg tot binnelandse hange, rys die Magalies se sekondêre klowe,
haar voortydse hellings smagtend na reën."


Ma onder observasie
2023-07-06"Ma se krom linkerhand bly ingekeer
oor ’n verbrokkelende ribbekas.
In die borsholte skeef van skoliose
migreer die hart verlammend oos."

Volmaanaand
2023-06-29"Heilige, helende suurstof word in blou sones opgesoek, gebottel.
Meditasiestyle van guru’s word vergelyk."

Of babalelas and bullies: A tribute to Martie Preller
2023-05-08"Well-known author Martie Preller was offering interactive story-making workshops for aspiring Afrikaans and English writers across South Africa. The workshop focused on the core of her writing correspondence course, the idea that the author is the source of the author’s own stories."

By die Pretoriase Kunsmuseum
2023-03-16"Hoë regeringsoffisiere is elders aan diens,
ongekende eerbetoon weerhou,
daar is geen helms, uniforms, wit pluimvere nie,
nóg vir Oermoer, nóg vir haar seun."

By die afsterwe van ’n beeldhouer
2023-03-09"Hoog teen die bergpad op, waar die beeldhouer
sou kon speel as kind,
beur ’n jong wit hond uit sy oopgeskulpte hande vry."

Kwarantyn
2020-03-23"Gemaskerdes bring nooiensbesoeke aan leë katedrale
padskrapers dreun deur vakansieoorde
Om die stil as van die aarde vermenigvuldig Covid-19"

Liefde in die tyd van COVID-19
2020-03-23"Ons degeneratiewe liggame, voorlopig skoon van
skenkerbeen, ly aan abbakoors, ons soek mekaar
se isolasie nou byna uurliks op"


olyfboord
2019-07-10"op die wortelstok van die begin
en van die einde
wentel die onblusbare gees
van my ma"