By die afsterwe van BB
Nie alleen oor ’n verspeelde geselsie nie,
lê ek op my bed en treur oor Breyten.
Hoe onvanpas, sou jy sê.
Die dood is ’n reis nader aan die waarheid.
Ten aansien van die reus in die groen trui,
in jou dampkring skooldogter-bedees,
oorskadu deur ’n meesterlike intellek,
al word dit duidelik in jou opkyk, in ’n tuin
van beelde waar digters en aspirante wandel,
ontdaan van ego, selfs vlietend besorg lyk jy:
Nogtans twyfel ek.
Kommentaar
Hou baie hiervan, Celeste!
Soos al jou ander gedigte, is hierdie net so pragtig. Jy kan so vlymskerp skryf oor dinge en mense.
Ek verstaan.
Dankie vir die plasing, LitNet. En dankie vir die lees, julle. Waardeer!