
Foto: Canva
Boomgedig
(Na “Die boomplanter lag vir homself”, Yüan Mei
Uit die Shih-Ching Liedereboek, MM Walters)
Vanoggend het ek besluit om vir jou bome te bring.
Van die eerste lettergreep af plant ek bome.
Op vier‑en‑sestig wil ek nog een plant,
maar laat die bure nie oor my dwaasheid kla nie,
die wyses ken die waarde van plesier,
weet dit moet betyds geniet word, sê Yüan Mei.
Ek merk die boomaalwyn bot, sy sytak dra ’n kankerkroon.
Dit is goed dat die geheime van bome nie aan ons behoort nie,
dat ons van bome geen belydenis hoef aan te hoor nie.
Stellig sal uit die vlesige blare ’n kuur vir ons krankheid kom.


Kommentaar
Dankie
Daar is 'n Chinese andersheid in die wysheid. Maar dit sit weer 'n innerlike soek na wysheid aan die gang.
Die van 64 sal verstaan, veral die "betyds geniet" en van die kankerkroon.
Dankie vir die plasing, LitNet. En dankie aan die lesers wat die moeite gedoen het om te kom lees. Lieb, Kas, Helen, julle terugvoer word waardeer.
Celeste Fritze het die fyn kyk, woordvaardigheid, belesenheid en insig en die skeppende vermoë om besonderse gedigte te laat word. Dankie vir die plasing
Dankie, Annette, vir jou insig en leiding sedert UP-dae.