(Vir Sybrand Wiechers, 1/9/1970 – 21/9/2022)

Foto: Canva
Daar is ’n plek waar lig by violet indring
by die laaste oorgang wat bevry,
wyl Oermoer – begenadig deur opiaat –
hom nog uit die vrugwater van
kleiner beelde terugverwag.
Uit die hoek van ’n derde oog,
vermoei deur nanag-melankolie,
gewaar ek my vriend met die baard.
“Skep vir my ’n gedig uit dié Metaal-op-Hout,”
sê hy, “dan kan jy dit kry.”
Vergeefs betas, bevoel, bedink, geen digterstaal
bekwaam tot suiwerder vormgee nie.
Hoog teen die bergpad op, waar die beeldhouer
sou kon speel as kind,
beur ’n jong wit hond uit sy oopgeskulpte hande vry.
Kommentaar
Wel gedaan, Celeste!
Baie dankie, Ena. Hy word gemis, as mens en kunstenaar.
Nog 'n lieflike gedig van Celesté Fritze, dankie!
Dankie Celesté, vir dié treffende gedig opgedra aan Sybrand Wiechers.