Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Simone Jonker: uiteindelik net liefde
2023-02-03"Dalk gee Gert Vlok Nel die antwoord in sy boodskap op Simone se Facebook-profiel, waar (haar dogter) Margarita haar heengaan aangekondig het: 'Simone, uiteindelik net liefde.'"
Can South Africa be rebuilt?
2023-02-02Freek Robinson interviews Songezo Zibi, author of Manifesto: a new vision for South Africa (2022), about the current political situation and his view on how South Africa can be turned around.
Kanker
2023-02-02"Ek kan nie tong-in-die-kies oor hierdie resensie skryf nie. Té naby aan die huis."
Is ChatGPT ’n bruikbare hulpmiddel vir akademiese skryfwerk?
2023-02-02"Benewens hierdie voorbeelde is daar baie komponente van ’n akademiese teks wat nie deur ChatGPT behartig kan word nie, byvoorbeeld dataversameling, -verwerking en -ontleding, sowel as die formulering van afleidings uit die data. ChatGPT sal ook nie deur argiewe kan soek en ’n studie oor ’n aspek van die geskiedenis genereer nie."
Die mite van Afrikaner-eenheid en hoe dit inspeel op die hede
2023-02-02"Die mitologie van Afrikaner-homogeniteit word aan die een kant lewend gehou deur die huidige magshebbers wat dit as nuttige strooipop gebruik vir politieke gewin en aan die ander kant deur ontnugterde Afrikaners wat nostalgies terugverlang na 'die goeie ou dae'."
Kan die vestiging van waardes in skole ons ligte aanhou?
2023-02-02"Morele vorming gaan nie net om kopkennis en feite nie, maar om die goeie te ken, daarvoor om te gee en dit te doen. Willers skryf in sy artikel oor 'teaching anti-corrupt values', maar waardes word nie onderrig soos ander kurrikuluminhoude nie – dit word op talle maniere gevestig (instilled)."
2022: Die (on)verkwiklike jaar van Trompie en kie
2023-02-02Sal 2022 werklik onthou word as die jaar van Trompie en jeugboekkarakters? Hoor wat sê die akademici en kommentators wat by die storm oor kinder- en jeugliteratuur in 2022 betrokke was of die polemiek fyn dopgehou het.
Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging onder redaksie van Karen de Wet – ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-02-01"Wat ek wel besef het met die lees van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, is dat hierdie huldigingsbundel (en eweneens dié oor enige ander voormalige groot literêre geeste) volle sin sal maak alleen as mens dit met al haar publikasies byderhand kan lees."
Ek bly net hier
2023-02-01"As ek my verhouding met Suid-Afrika ’n Facebook-status moet gee, is 'It’s complicated' die enigste blokkie wat pas."
Kunsmatige intelligensie en akademiese artikels
2023-01-31"Thorp stel dit duidelik: Uiteindelik moet die produk kom van – en uitgedruk word deur – die wonderlike rekenaar in ons brein."
’n Praktiese taalbeleid vir die Wes-Kaap
2023-01-31"Die gebruik van Afrikaans in howe en in plaaslike regerings is afgeskaal tot nul. Dit is asof die DA die plaaslike bevolking ignoreer as dit by Afrikaans en/of isiXhosa kom."
Die Laaste Ding wat ons nou Nodig het is Nog ’n Voëlvry-Toer!
2023-01-27"In ’n sin is Irene Fischer dalk reg. Ja, ons kort musiek. Ons kort nuwe musiek, selfs protesmusiek. Ons kort kuns. Selfs weird kuns. Ons kort al hierdie goed, want ons is net so in die kak as wat ons was in 1989, indien nie dieper in die kak nie. Maar dis ’n ander soort kak. Hierdie kak het ’n tekstuur en ’n reuk en ’n chemiese samestelling wat radikaal verskil van die kak van 1989." Koos Kombuis reageer op Irene Fischer se voorstel: ’n revamped Voëlvrytoer ’23.
Afrikaans Huistaal se voorgeskrewe gedigte vir matrieks: Faeed Amardien se mening
2023-01-27"Die daadwerklike moeite rondom inklusiwiteit in ’n postapartheid klaskamer lyk asof dit tevergeefs is."
Afrikaans Huistaal se voorgeskrewe gedigte vir matrieks: Dewald Koen se mening
2023-01-27"Moet daar ’n 'resep' wees waarvolgens gedigte, kortverhale en romans wat op skoolvlak voorgeskryf word, gekies word? Is die literêre waarde van die teks nie belangriker as die geslag, gender, seksuele oriëntasie of geloof van die skrywer, of die taalvariëteit wat deur die skrywer gebesig word nie?"
Boerdery en beurtkrag
2023-01-27"As daar nie kos is nie, dan val jou hele ekonomie plat." Freek Robinson gesels met Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, oor voedselsekerheid in Suid-Afrika.
Van monumente gepraat …
2023-01-26"Die uitdaging is dus om Afrikaans te handhaaf, byvoorbeeld in skole en by universiteite waar die voertaal Afrikaans is. As Afrikaanssprekendes nie hul taal gaan handhaaf nie, gaan niemand dit vir hulle doen nie."
Getting the lights to work by teaching anti-corruption values
2023-01-26"What’s gone wrong with Mandela’s ANC?"
My gebeurtenis van die jaar 2022: wenner aangekondig
2023-01-26LitNet het lesers genooi om ons te laat weet en in aanmerking te kom vir ’n kontantprys van R2 500. Hier is die wenner!
SteedsDink met LitNet Akademies: Danie Stander
2023-01-25SteedsDink met LitNet Akademies: Danie Stander vertel van sy navorsing oor drie sonderlinge vroue se vertalings van dramas in Afrikaans: Nerina Ferreira, Anna Neethling-Pohl en Antjie Krog.
Balneologie en -terapie
2023-01-25"Balneoterapie verwys na die terapeutiese gebruik van natuurlike termiese fonteinwater teen temperature van minstens 20°C en met ’n minimum mineraleinhoud van een gram per liter."
