’n Koalisiewaghond?

  • 0

Erwin Schwella verduidelik aan Freek Robinson dat sommige van die ANC se historiese beleidsdokumente strydig is met ons moderne grondwet. Dit veroorsaak spanning binne die party. Daar is diegene wat die Grondwet hoër wil ag as die partystrukture, terwyl ander verkies om kaderontplooiing voorrang te gee sodat mag en hulpbronne makliker bekom kan word. Die dilemma is dat die enigste alternatief, naamlik koalisieregeringstrukture, tans nie baie doeltreffend is nie, want dáár word meer baklei oor magsposisies as oor dienslewering.

Aangesien ’n nasionale koalisieregering moontlik ná die volgende verkiesing sal moet regeer, sal Suid-Afrika moet voorbereidings tref om te verseker dat die huidige chaos nie aanhoudend herhaal sal word nie.

Het ons dalk ’n Artikel-9-koalisiewaghond nodig?

Indien wel, hoe sou so ’n instansie lyk?

Indien nie, watter ander moontlikhede is daar?

Lees ook:

Opdraandestryd vir onafhanklike kandidate in Suid-Afrikaanse verkiesing

Hoe kan ’n onafhanklike kandidaat ’n verskil maak in die parlement?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top