Terugvoer oor die tweede Cape Flats Stories: ’n oorsig deur Christa Kleynhans

  • 0

Shaun Warner; Chenal Kock-Collins (foto’s verskaf)

Die tweede Cape Flats Stories Slypskool is op 15 Julie te Bergville Primêre Skool in Bishop Lavis gehou.

Lees hier oor die eerste slypskool.

 

Christa Kleynhans gee  terugvoer oor die tweede slypskool:

Chenal  Kock-Collins, Christine Collins, Kelly Pockbas en Barend van der Merwe het die slypskool oor die evolusie van Afrikaaps na Afrikaans, van skinderstorie na storievertel bygewoon.

..............
Shaun Warner het die gesprek gelei rondom die ontstaan van die taal van die 1500’s tot op hede. Moet ons  ons kwel oor die voortbestaan van Afrikaans?  
.............

Shaun Warner het die gesprek gelei rondom die ontstaan van die taal van die 1500’s tot op hede. Moet ons  ons kwel oor die voortbestaan van Afrikaans?  

Shaun het nie teleurgestel met sy aanbieding nie en het die mense op die punt van hul stoele gehou.

Wat maak van iemand ’n goeie skrywer?

Shaun het die inhoud van ons skryfhandleiding bespreek.

Grepe uit Shaun, Christa Kleynhans, Stanley Jacobs en Julie Daniels se boeke is voorgelees en as voorbeelde voorgehou.

Shaun is onder andere ’n vryskutdigter wat vertel het oor sy kommissies en veral toe ’n dame hom getaak het om Jan Blohm se “voor ons groet” te vertolk en gedigte te skryf.

Ons het met oop mikrofoon afgesluit en was absoluut betower deur Kelly Pockbass se intense vertoning. Chenal Kock-Collins het ’n asembenemende opvoering gelewer met haar gedigte wat sy in liriekvorm voorgedra het.

Kelly Pockbass (foto: verskaf)

Die slypskool is op 5 Augustus voortgesit by Bergville Primêre skool met die hulp van ons borge Kaapse Forum, Siyazana YDF en NS skrywershuis.

Christa Kleynhans, Barend van der Merwe, Christine Collins, Kelly Pockbas, Chenal Kock-Collins en Shaun Warner (foto: verskaf)

Hier is inligting oor die volgende werkswinkel:

12 Augustus (Vrouedag) – YMCA Museum, Strandfontein.

Verdere datums en venues sal nader aan die drie komende geleenthede deurgegee word. Vir meer inligting, stuur ’n WhatsApp aan Christa: 0798618422.

 

Lees ook:

Cape Flats Stories – ’n slypskool op Jeugdag: terugvoer deur Christa Kleynhans

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top