Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Taaldinge: Ria Olivier praat oor Afrikaans in die klaskamer
2023-02-15"Baie Afrikaans-onderwysers bevind hulle in ’n moeilike situasie, want die kurrikulum bepaal dat hulle die leerders moet voorberei om in die gestandaardiseerde variëteit van Afrikaans te kan funksioneer, terwyl baie leerders se huistaal eintlik een van die ander variëteite is, bv Kaapse Afrikaans of Namakwalandse Afrikaans."
Hippokrates se vier temperamentstipes: ’n parodie
2023-02-14"Ek wens ons was nie almal so nie. Maar ons is."
Wie is Paul Mashatile?
2023-02-14"Enigeen wat al met Mashatile te doen gekry het, sal kan getuig dat hy ’n innemende, intelligente, gekultiveerde en ingeligte persoon is – wat bepaald ’n massiewe verbetering op Mabuza sal wees."
Die Sestiger-somerskool, Universiteit van Kaapstad: Die "bont begrafnis"
2023-02-13"Op 12 Februarie 2023 – 50 jaar gelede – was dit die eerste dag van ’n byeenkoms wat ’n onuitwisbare impak op die rol van die Afrikaanse skrywer en die aard van die Afrikaanse letterkunde sou hê."
RISE Mzansi!
2023-02-10"Die rede hoekom ek juis na dié toer verwys het, is omdat ’n spul 'skobbejakke' braaf genoeg was om iets te doen. Dís wat die land en die mense nou nodig het. AKSIE. Talle Suid-Afrikaners snel voort asof dit nie húlle verantwoordelikheid is om met ’n poop scoop rond te loop nie, want, ag, ek het dan ’n kar, ’n werk, geld, kos, klere, ’n huis, ’n TV."
Hoe verskil SONA 2023 van Zuma-era-staatsredes?
2023-02-10"Die staatsrede is in die Kaapse stadsaal gehou. Dis ’n mooi genoeg gebou, maar die rede hoekom die vergadering daar gehou is, behoort aan ons almal slapelose nagte te besorg – dié wat nog kan slaap snags. Meer as ’n jaar nadat die parlementêre setel in ’n brand verwoes is, is dit nog nie herstel nie."
NG Kerk reik uit oor grense
2023-02-09Freek Robinson gesels met Jan Lubbe, voorsitter van die NG Kerk Vrystaat se sinode, en Akash Sirpal van The Reformed Church in Africa (RCA), oor die onlangse vergadering in Bethlehem tussen die Gereformeerde Kerke en hul samewerking.
Simone Cilliers Jonker (1957–2023): ’n Brief vir Simone
2023-02-09"Om haar te ken, het my laat besef dat die stereotipering van die romantiek rondom digterskap ’n verbeeldingsvlug is; dat pyn nie verromantiseer moet word nie; en dat die poësie ’n genadelose muse is wat sy eie slagoffers (en weeskinders) nalaat."
Mooiweer en warm ’n bruisende rivier op pad see toe
2023-02-09"Wanneer dit vloei (in vlooimarktonele en by die dam) is Mooiweer en warm ’n lekkerte; ’n bruisende rivier op pad see toe. Wanneer dit opdam en sloer (in melodramatiese binnetonele), begin die krake wys."
Tien kilogram boeke, asseblief
2023-02-08"Wat ek eintlik hiermee wil sê, is dat daar ’n onderliggende onverenigbaarheid blyk te wees tussen die besigheidsmodel van Suid-Afrika se groot uitgewerye en dit wat die boek oor die laaste 20 jaar geword het."
Elders gesien: Ruk die toe-eieningsdebat nie hande uit nie?
2023-02-07"Maar toe kom dit weer met Kahlo ter sprake, weens haar oorvloedige gebruik van die Mexikaanse kultuur. Al het sy aan moederskant Mexikaanse bloed gehad."
Jeff Beck – jukskeibreker en virtuose kitaarspeler dood aan breinvliesontsteking op 78-jarige ouderdom
2023-02-07"Geen wonder dat van die grootste kitaarspelers in rock sy lof besing nie – The Edge, David Gilmour, Slash, Brian May en selfs John Frusciante (Red Hot Chili Peppers) om maar ’n paar te noem. Selfs Clapton erken dat sy benadering tot die elektriese kitaar totaal uniek is."
Tien stukkies raad aan mnr Ramaphosa voor die Staatsrede van 2023
2023-02-07"Die sewende stukkie advies handel met die aanwending van Suid-Afrikaners se swaarverdiende belastinggeld. Ons wil hoor dat die regering nie kranksinnige idees sal duld nie en sal optree teen diegene wat hulself daarmee besig hou."
The demise of Eskom | Iingxaki zikaEskom zikubaphathi
2023-02-07"The provision of reliable energy is at the centre of South Africa's ability to solve the scourge of poverty, unemployment, inequality, violent crime ..." | "Yiyo kuphela indlela enokukwazi ukusikhupha kula manyundululu orhwaphilizo kulungiswe eli ziko uEskom aphuhlise isizwe, azise impilo engcono kwabo babetheka kakhulu yintlupheko nokulamba."
Die geselsrobot en die metafisika van teenwoordigheid
2023-02-07"Die Suid-Afrikaanse filosoof Paul Cilliers het reeds in sy boek Complexity and Postmodernism (1998) op oortuigende wyse ’n verband getref tussen die werking van neurale netwerke en Saussure se konsep van taal as ’n sisteem van verskille."
Opening the GG Cillié Building and visual redress at Stellenbosch University (VRSU)
2023-02-07"Currently, SU has adopted a visual redress policy to come to terms with its historical relations with the apartheid state structure. Starting in 2015, student protests, namely #Rhodesmustfall, #Feesmustfall and #OpenStellenbosch, called for 'transformation' and 'decolonisation' at historically white universities. SU reacted by choosing 'visual redress' as one of its core responses to these protests."
’n Very cosy plek met plenty of funny goeters
2023-02-06"Dit gaan halfway donker ok word in die middel vannie dag and then you can look straight vir die son deur die smoked glass. En jy gaan kan sien die moon is kleiner as die sun."
Koekies: Die gekonkel in jou komper
2023-02-06"Al hierdie bogenoemde wonders is nie ’n skim op die veraf horison nie. Dit is praktiese KI wat vandag alreeds toegepas word. Die oorsprong daarvan is data. ... Dit is só: Om aan Marmite te dink net om daarna ’n Bovril-advertensie te sien, maak ’n mens ongemaklik."
Die Groot Wit Hoop. Gerrie Coetzee en die siel van die swaargewig.
2023-02-06"En dis al wat ooit eintlik tel."
Daar is méér: ’n gesprek tussen Estelle Kruger en Daniël J Louw
2023-02-03"Hoe gee jy gestalte aan dit wat jy nie sien nie, maar jou elke dag inspireer om sinvol te leef? Is daar ook nie tog méér as dit wat die sintuie kan sien, voel en empiries kan waarneem nie?"
