Apatiese kiesers kan Suid-Afrika red, mits hulle stem

  • 0

Pieter Groenewald, die leier van die VF+, was deel van die samesprekings wat gelei het tot die ooreenkoms tussen verskillende opposisiepartye om saam te werk sodat hulle die ANC in die 2024-verkiesing uit die kussings kan lig.

Maar is dit haalbaar?

Freek Robinson sê kenners dink 35% van die stemme is ’n meer haalbare totaal vir hierdie groep partye. Die 51% waarop gehoop word, sou dan ’n hersenskim wees. Groenewald sê dit is hoekom die apatiese kiesers moet wakker skrik. Die ANC regeer tans met slegs 27% van die kiesers se steun, al het hulle meer as 50% van die setels in die parlement.

Goed, sê Robinson toe, beantwoord dan asseblief hierdie vrae:

  • Wat van ’n moontlike koalisie met die ANC?
  • Hoe klink ’n moontlike koalisie met die EFF?
  • Hoe gaan julle die president verkies?
  • Wie gaan in die kabinet dien?
  • Langs wie se gesig moet kiesers hul kruisies trek?

Luister hoe Groenewald hierdie vrae beantwoord.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top