Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Dag 9: Kwarantyn-ketting – "Agter die kwarantyngordyn" deur Nini Bennett

Nini Bennett-Moll Kwarantynketting 2020-04-04

"Dit is vreemde tye. Die lugbesoedeling begin op te klaar en snags staan die geïsoleerdes in hulle tuine om die sterre te bewonder."

Dag 8: Kwarantyn-ketting – "Het jy ’n foto van ’n aardwolf?" deur Toast Coetzer

Toast Coetzer Kwarantynketting 2020-04-03

"Dit is lekker om só te kan ontsnap, deur die duisende foto’s wat op my hardeskyf lê en rus. Ek duik gereeld daarin weg op soek na iets obskuurs."

God en ons brose planeet

Pieter GR de Villiers, Johan Buitendag Onderhoude 2020-04-03

"’n Teologie van die natuur – of dan ’n ekoteologie – wil ook nie net etiek wees nie, met ander woorde bloot iets soos ’n 'red die renoster'-veldtog nie."

Gedagtes van ’n matrikulant ten tyde van die koronavirus

Macaylah Bailey Menings 2020-04-02

"Ons weet nie sal ons hierdie jaar ons matriek voltooi nie, want alles het tot ’n stilstand gekom. Ons het soveel drome gehad vir volgende jaar, om universiteit toe te gaan en ons passie uit te leef. Nou weet ons nie wat gaan gebeur nie."

Dag 7: Kwarantyn-ketting – "Van Pieter-Dirk Uys in Darling"

Pieter-Dirk Uys Kwarantynketting 2020-04-02

"Tannie Evita het al maande gepraat van haar nuwe kalender: Eens op ’n tyd was daar 365 dae in haar jaar. Nou is dit twee: vandag en môre."

Dag 6: Kwarantyn-ketting – "Die internet is ’n lewensreg" deur Olivia M Coetzee

Olivia M Coetzee Kwarantynketting 2020-04-01

"Dis dag ses, ek sit en wêk anlyn, en wonne oo die mense wattie die voorreg het wat ek hettie."

Nou in die verlede: Die duistere oorsprong van Aprilgekkedag

Jako Bezuidenhout Menings 2020-04-01

"Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die liggelowige onnoselheid van baie mense deur poetse en doelbewuste valse inligting getoets word. Maar hoeveel mense weet en verstaan waar die tradisie van 1 April se manewales vandaan kom?"

’n Weerlose God op die skilderdoek

Daniël Louw, Johannes Vorster Onderhoude 2020-04-01

"Weerloosheid maak my vry en bring my uit by deernis en medemenslikheid."

Uitgewers benoud maar moedig in die aangesig van korona

Melt Myburgh Boeke en skrywers 2020-03-31

"Omdat boekwinkels en drukkerye se deure vir die afsienbare toekoms toe is, het die produksie en verspreiding van papierboeke vir alle praktiese doeleindes tot stilstand geknars."

COVID-19 in Zambië

Helena Opperman Menings 2020-03-31

"Zambië het nog net 12 gevalle van korona, maar ons is baie versigtig. Die statistiek is net so betroubaar soos die laboratoriumfasiliteite."

Dag 5: Kwarantyn-ketting – "A day in the life ..." deur Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach Kwarantynketting 2020-03-31

"Altyddeur, op die agtergrond, is daar nuwe musiek ... Soos ek nog altyd met Bob Dylan se beste musiek gevind het, sal dit met die herluisters algaande meer nuanses verklap. Sy stem, sy klavier en ’n tjello. Frases waarin tye vasgevang is, van Kennedy se dood af aan. Die ou verrukking tree weer in. Die profeet se suiwer oog, die siener se silwer tong."

PEN Afrikaans: Om boeke in Kaaps te publiseer

Carolyn Meads PEN Afrikaans 2020-03-31

In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks "Die wêreld van die skrywer" vertel Carolyn Meads, fiksie-uitgewer by Kwela Boeke en bestuurslid van PEN Afrikaans, meer oor boeke in Kaaps uitgee. Sy skets ook die historiese agtergrond en steek by skrywers kers op.

Seminaar: Die universiteit as veilige ruimte

LitNet Universiteitseminaar | University Seminar 2020-03-31

In hierdie seminaar deel mense wat in verskeie hoedanighede aan universiteite verbonde is, hul siening en ervaring van universiteite as veilige ruimtes.

Snellers in die klaskamer – wanneer is ’n veilige ruimte veilig?

Amanda Gouws Universiteitseminaar | University Seminar 2020-03-31

"Is dit die geval dat ons nou ’n generasie studente het wat emosioneel minder gereed is vir die lewe buite hulle kokonne, of was hulle nooit in kokonne nie?"

Miskien word Donald Trump ge-COVID-19

Jason Lloyd Rubrieke 2020-03-31

"COVID-19 kan moontlik in die annale van die geskiedenis opgeteken staan as die pandemie wat Donald Trump se kans op ʼn tweede Amerikaanse presidensiële termyn in die wiele gery het."

Die kunste in die tyd van COVID-19: Willem Mulder

Willem Mulder Seminare en essays 2020-03-31

"Ons skep. Ons droom. Ons skep nog en droom nog en skep, want dis wat ons doen en dis wie ons is."

Nasionale inperking: Só kan Afrikaansonnies aanlyn onderrig

Michele van der Merwe, Marné Pedro SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-03-31

"Tydens die korona-afsondering kan taalopvoeders hierdie leervoorkeure van die 21ste-eeuse leerder inspan om te verseker dat onderrig en leer nie gedurende die 21-dae-inperking agterweë bly nie."

Dag 4: Kwarantyn-ketting – "Dagboek van dankbaarheid in die tyd van die virus" deur Marita van der Vyver

Marita van der Vyver Kwarantynketting 2020-03-30

"Ek dink aan my geliefdes in Suid-Afrika wat die naweek nie eens kan gaan stap nie, en ek tel weer eens my seëninge. Dalk kan ek vandeesweek ook nie meer gaan stap nie – wat my net nog meer aanspoor om nóú te gaan stap, ondanks die mistralwind wat my in normale omstandighede binne sou hou. Dis die nuwe normaal dié. ’n Staat van aanhoudende dankbaarheid."

Die kunste in die tyd van COVID-19: Riku Lätti se ope brief aan 2020

Riku Lätti Seminare en essays 2020-03-30

"Ons is almal één masjien. Een masjien met baie persoonlikhede aanmekaar gekoppel."

Blindekol

Jitsvinger Rubrieke 2020-03-30

"Jy kan jou maar klaar maak, die oorheersende opinies van die sogenaamde kleurling is, onder andere: onambisieus, dronk grapjas, gangster of buite-egtelik."

Top