Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Dis tyd dat akademici vrouemigrante se ervarings ondersoek

Elsabé Brits, Marietjie Lambrechts Onderhoude 2020-03-17

"Al is die posisie van vroue in die samelewing op die oomblik onder die vergrootglas, veroorsaak ’n gebrek aan wetenskaplike navorsing wat op persoonlike ervarings fokus, dat die weerlose posisie van vrouemigrante voortduur."

Taalbestuur in Suid-Afrika: ’n oorgangspolitieke dinosourus

Frederik Rudolph van Dyk Seminare en essays 2020-03-17

"Wat veeltaligheidsbestuur in Suid-Afrika betref, het die oorgangspolitieke skikking geen bolwerk teen Engelstalige oorheersing op alle vlakke van die samelewing gebied nie ... Taalaktiviste sal veel groter protesstappe moet doen om aan te dring op meer as net ’n afgewaterde estetiese veeltaligheid."

Die goeie dae toe dagblaaie nog joernaliste in die buiteveld gehad het

Elsabé Brits, Susan Cilliers Onderhoude 2020-03-17

"Ek vrees die hele beheptheid met klieks kan beslis tot ’n verswakking in gehalte en tot oppervlakkigheid lei, indien klieks die deurslaggewende maatstaf gaan word."

Covid-19 en die skaakbord

Thomas Mollett Seminare en essays 2020-03-16

"Een geïnfekteerde mens steek nie net een ander mens aan nie, maar kan ’n klomp ander mense aansteek, wat elkeen weer ’n klomp ander kan aansteek."

Lewe in die tyd van korona

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-03-16

"Skares by elke venue. Mense wat in groot blydskap mekaar soengroet en omhels en hand skud. Groot groepe wat in klein spasies probeer inpas, sodat mens nie anders kan as om verby vreemdelinge te skuur nie. Volgepakte restaurante en kroeë."

Nou in die verlede: Die referendum wat ’n einde gemaak het aan apartheid

Jako Bezuidenhout Menings 2020-03-16

"'Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ’n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?' (Suid-Afrikaanse referendum, 17 Maart 1992). So lui die vraag wat op 17 Maart 1992 aan die uitsluitlik wit kiesers gestel is."

Die verantwoordelikheid lê by my en jou

Lidia Rauch Menings 2020-03-16

"Daar is ’n verantwoordelikheidsgaping, want De Klerk en sy garde het ons generasie gefaal … Maar vir hoe lank kan ons ons ouers se generasie kwalik neem voordat ons sake in eie hande begin neem?"

Wat sou die impak van die Vierde Nywerheidsrewolusie op vertaling en tolking kon wees?

Eleanor Cornelius Seminare en essays 2020-03-16

"Professionele vertalers sal dit moeilik aanvaar as hulle gereduseer word tot postredigeerders van masjienvertaalde uitsette. Menslike vertalers werk die afgradering van menslike taal teë om hoë gehalte taal te verseker."

’n Kykie na die education system: Wat is die verband tussen ’n suksesvolle kind en ’n gesonde onderwyser?

Tasneem Daniels Skole 2020-03-16

"Baie min mense wiet eintlik hoe moeilik dit is innie klaskamer ... Agter ’n suksesvolle kind is ’n onderwyser wat baie hard gewerk’t en baie sacrifices gemaak’t, op ’n professional en op ’n personal level, vir daai kind. Hoeveel mee kinners kan ôs ammal support as ôs gesonde en gelukkige onderwysers het?"

Korona-paranoia tref die wêreld

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2020-03-12

"Is die koronavirus wat wêreldwyd besig is om soos ’n veldbrand te versprei ’n geval van gogga maak vir baba bang, of het die wêreld  rede tot ernstige kommer? Dit is waaroor daar die afgelope weke om braaivleisvure en op sosiale media gegons word."

Nou in die verlede: Slagtersnek, Bophuthatswana en wit oppermagtigheid

Jako Bezuidenhout Seminare en essays 2020-03-11

"Hierdie week gedenk ons twee tragiese gebeure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, naamlik die teregstelling van lede van die Slagtersnekrebellie van 1815, en die teregstelling van drie lede van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) deur ’n polisieman van Bophuthatswana in 1994."

Woordfees 2020: Willie Esterhuyse en Moeletsi Mbeki praat oor oorlog en vrede

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-11

"Esterhuyse se jongste boek beskryf ’n lang reis wat in verre tye en ou beskawings begin het en oor ’n periode van meer as 5 000 jaar strek."

Dagga, van stiefplant tot allerheilige kruid

Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2020-03-11

"Indien jy ’n surplus dagga geoes het en ’n geldjie daaruit wil maak deur dit aan die bure te verkwansel, gaan jy in die moeilikheid kom."

Hoekom representation saak maak

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-03-10

"Dit mag dalk lyk soos ’n soen hier en ’n pleister daar, maar wanneer mense se ervarings uitgevee word, het dit gevolge in die regtige lewe."

Is die paradys in die hemel of op die aarde? ’n Onderhoud met Chris L de Wet

Floris Voges, Remona Voges, Chris L de Wet Onderhoude 2020-03-10

"Ek dink die paradys is binne elkeen van ons. Dit maak dit nie noodwendig minder werklik as om dit te sien as ’n plek onder die aarde nie."

Spraak-na-spraak-slimfoonvertaling vir verloskunde

Laurette Marais Seminare en essays 2020-03-10

"Die verwagting dat rekenaars soos mense moet kan kommunikeer, of selfs beter as mense, dui miskien in die eerste plek op die mate waartoe taal as een van die vernaamste voorbeelde van intelligensie – en dus kunsmatige intelligensie – geag word ..."

MuST: ’n gevallestudie oor die ontwikkeling van kunsmatige-intelligensiestelsels teen die Suid-Afrikaanse agtergrond

Ulrike Janke, Etienne Barnard Seminare en essays 2020-03-10

"Neurale netwerke het ... in die laaste paar jaar wêreldwyd ’n herlewing in navorsing en ontwikkeling op die gebied van kunsmatige intelligensie veroorsaak – van rekenaars wat mense in bordspeletjies wen en motors wat self bestuur, tot spraak- en taaltegnologie."

Nou in die verlede: Rhodesië, Zimbabwe en "die verkeerde kant van die geskiedenis"

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-03-06

"In hierdie week word twee geskiedkundige gebeurtenisse in Zimbabwe in herinnering geroep: die 50ste herdenking van Rhodesië wat haarself eensydig tot ’n republiek verklaar het, en die 40ste herdenking van die ZANU-PF van Robert Mugabe se oorwinning in die eerste inklusiewe algemene verkiesing in daardie land."

Millenniërs en die kerk: Vyf vrae aan Marileen Steyn en Cas Wepener

Marileen Steyn, Cas Wepener, Liné Loff Onderhoude 2020-03-06

"Millenniërs is wel besig om nuwe betekenisse aan ou gebruike te heg en hierdie rituele en gebruike buite die tradisionele ruimte van die kerkgebou te beoefen."

Regisseur gesels oor Toorbos by Toyota US Woordfees 2020

Marli van Eeden, René van Rooyen Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

"Wat my eerste opgeval het van die boek, was Dalene se sensitiewe en diep-ondersoekte verkenning van die vroulike protagonis se psige. Jy bewonder haar vir haar vasberadenheid in haar soeke na persoonlike vryheid soos dit afspeel teenoor die konflik tussen haar aardse boswêreld en die mens se behoefte vir vooruitgang." 

Top