Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Post-COVID-19
2020-05-05"Hoe gaan die lewe daarna daar uitsien? Gaan die manier waarop ons sosiaal verkeer ingrypend verander, of gaan ons soos sediment in ons ou, bekende groewe teruggly?"
Hokaai met jou barmhartigheidsprojek!
2020-05-04"Mense moet egter bedag wees op wat die reg van ons verwag wanneer ons die publiek vir geld vra. Ek het reeds met ’n paar kennisse en vriende gesels en namens hulle navorsing gedoen oor die regsimplikasies van fondsinsameling."
Alwyn Roux in gesprek met Loftus Marais en Nachoem M Wijnberg
2020-05-04Hierdie artikel is ’n transkripsie van Alwyn Roux se gesprek met die veelbekroonde digters Loftus Marais en Nachoem M Wijnberg wat op 28 Januarie by Exclusive Books in Menlyn, Pretoria plaasgevind het.
Vergewe die letterkunde alles?
2020-05-04"Die Franse skrywer Gabriel Matzneff het miskien so gedink. Hy het immers nooit ’n geheim gemaak van sy voorkeur vir seks met minderjariges nie ..."
Jou grendeltyd: Liewe Koos!
2020-04-30"Ek het al briewe vir Koos vóór COVID-19 begin skryf. Ja, my tas het ’n naam (en sy eie persoonlikheid!). Ek vertel vir Koos van al my reise voordat hy my tas geword het, en ook van al ons avonture saam. In hierdie tyd word my briewe ’n heerlike ontvlugting na my reisherinneringe en -skandes."
Kwarantynketting: "Die padda, die muis en …" deur Cas Vos
2020-04-30"Wat kan ons wel doen? Ons kan binnenshuis met mekaar praat, hartlangs praat en eet en slaap. En ons kan ook nog lees en ons in fabels verlustig. Miskien kan die onwerklike nog werklik word. Ek het aan Esopus die mistieke fabeldigter gedink. In een van sy bekendste fabels praat ’n muis met ’n padda."
COVID-19, inperkings en boekwinkels: ’n onderhoud met Nicol Stassen
2020-04-30"Dit lyk op die oomblik of opvoedkundige boeke van vlak 4 af, wat Vrydag 1 Mei in werking tree, verkoop kan word. Dit sal ten minste verligting vir ons en studente en skoliere bring."
Postkoloniale feminisme en die Afrikaanse letterkunde binne die huidige tydsgees
2020-04-30"Letterkunde weerspieël ’n tydsgees en ’n tydsgees word beïnvloed deur kuns (soos letterkunde). Ek vermoed ons gaan toenemend meer feministiese tekste in die Afrikaanse letterkunde sien."
Kwarantynketting: "Die jaar toe ons herfs gemis het" deur Theo Kemp
2020-04-30"Die lekkerste deel van Stellenbosch is om op só ’n helder herfsdag in die berg te gaan stap. Om die sagte son op jou vel te voel, die heuning in die fynboslug te ruik, en daarna yskoue witwyn onder die rooiwingerdblaarprieel van De Cameron-restaurant te gaan drink."
Woord(TRO)fees se beste opkomende kunstenaar: "Geduld is die grootste les"
2020-04-30"Ek dink geduld is die grootste les. Geduld met die proses en met jouself." René Cloete was betrokke by die kinderteaterproduksie Huppelkind onder leiding van Marthinus Basson, en met Joanie Combrink, Stian Bam en Andrico Goosen as deel van die geselskap.
Belydenis van geluk
2020-04-30"Dis hoe FOMO (fear of missing out) kan verander in JOMO (joy of missing out). En hierdie besef is die grootste geskenk wat die lockdown my kom gee het."
Carin Bester: "As jy nie opstaan vir geweldsmisdade teen vroue nie, wakker jy dit aan"
2020-04-29"Benewens Carin Bester se werk as aktrise en stelontwerper is sy ook ’n vertoonkunstenaar wat haar beywer vir die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Ek het haar uitgevra oor hoekom sy bereid is om kaal voor mense te staan, haar eie bloed te tap vir ’n optrede, en wat die nut is van haar dapper pogings."
Die coronavirus: Watte opportunities kom as gevolg van lockdown?
2020-04-29"Hoe change ôs as ’n economy innie post-coronavirus wêreld? Watte changes moet deurkom veral virrie homeless en mense innie townships en informal settlements? Hoe maak ôs die gap tussen ryk en arm kleiner? Hoe change ôs die health care system? Hoe moet ôse mindsets change om hierie changes te sustain?"
Die lekkerste en slegste boekbekendstellings ooit
2020-04-29Mis jy die samesyn met skrywers wanneer boeke bekendgestel word? Melt Myburgh het boekmense gepols oor die beste en die slegste boekbekendstellings wat hulle al meegemaak het.
"We live charmed lives" – ’n onderhoud met Tinarie van Wyk-Loots
2020-04-29"Ek kyk na my visse, hier sit ’n kat by my voete en ek het nou net die hoenders kos gegee. In hierdie oomblik, as ek nou net staan en kyk na alles wat ek het en hoe mooi en rustig en vredevol alles is en hoe bevoorreg ek is om dit so te kan hê, dan voel ek in my hart van harte geweldig gelukkig."
Lockdown, die polisie en weermag en kragdadigheid
2020-04-29"Die polisie en weermag tree op asof ons in ’n noodtoestand is, waar die publiek in opstand kom teen die regering. Hulle het klaarblyklik moeite om te besef dat ’n ramptoestand ’n geleentheid is vir hulle om die publiek by te staan en te help."
So overt, dis COVID
2020-04-29"Dink jou in hoe die toekoms sal lyk: breër sypaadjies en allerlei toebehore om sosiale afstand te enable, Gucci-maskers vir die modebewustes ..."
Kinderboeke in die tyd van COVID-19
2020-04-29"Hoe kry ouers nou boeke in die hande met boekwinkels wat toe is en aanlyn winkels wat nie in hierdie tyd boeke kan aflewer nie? Om hierdie rede moet planne dadelik beraam word om die boeke steeds in hierdie tyd toeganklik te maak vir beide ouers en kinders, want dit moet op die een of ander manier by hulle uitkom. Die kinders moet lees!"
Jou grendeltyd: Elke dag ’n Sondag sonder die Bybel …
2020-04-29"Dis in dié tyd dat ek na my ouma Bekker se kennis en wysheid verlang. Sy’t groot donkertes in haar leeftyd deurmaak en tog altyd daarin geslaag om haar wese met geesdrif te omarm: die Anglo-Boereoorlog, konsentrasiekampgruwels by Volksrust, die 1914-Rebellie, 1918 se Spaanse griep en die verlammende Groot Depressie van die jare dertig, om maar ’n paar te noem."
Jou grendeltyd: Binne ons huis
2020-04-29"Daar is ’n krapperigheid in die lug. Ons hap en grom oor onnodige goed. Hoe sê ek vir my kinders daar is nie meer méér nie? Sover moontlik het ek beplan. Soveel brood en soveel koffie vir die tydperk. Nou is die groente op en inkomste morsaf afgesny."
