Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Dag 20: Kwarantynketting – "Force majeure" deur Tertius Kapp
2020-04-15"Die fliek wat ons wou maak, gaan oor ’n infeksie wat die wêreld oorneem. 'We are about to witness the greatest reckoning of all time,' sê die een karakter op ’n punt. Ek stap uit na die groenste moeras onder die groot geelhoutboom, waar die trane vlak lê. ’n Week later vra ’n vriend of ek nie eerder iets wil skryf oor hoe ons almal die lotto wen nie."
Nou in die verlede: Die dag toe David Pratt Suid-Afrika se eerste minister geskiet het
2020-04-15"Sestig jaar gelede, op Saterdag 9 April 1960, het die 51-jarige boer en sakeman David Beresford Pratt by die jaarlikse Randse Paasskou te Milnerpark, Johannesburg opgedaag ... Hy was daar om die sogenaamde argitek van apartheid Suid-Afrika, Hendrik Frensch Verwoerd, te skiet."
The annual National Arts Festival goes virtual amid corona crisis
2020-04-15The 2020 National Arts Festival (NAF) will go down in our history as the first ever South African virtual festival, taking place from 25 June to 5 July. Marli van Eeden chats to Monica Newton (CEO, NAF) to find out more.
Kunsmatige intelligensie
2020-04-15"Masjienleer en robotika kan tradisionele oorlogvoering soos ons dit tans verstaan, sowel as alle ander fasette van die lewe en die mensdom totaal in ’n ander dimensie plaas. Tot waar strek KI-beheer en -perke?"
Dag 19: Kwarantynketting – "Om anders na dinge te kyk" deur Remona Voges
2020-04-14"Ek vier môre vir die tweede maal my verjaarsdag in kwarantyn."
Wys my jou lemoene, die Bulls Babes en ander gedagtes
2020-04-14"Ek het niks teen hierdie dames se gekose loopbaan of tydverdryf nie – hulle is professionele dansers en ek glo dat dit ons reg is as vrouens om met ons lywe te maak soos ons goeddink. Wat my egter pla, is die feit dat dit die stereotipe van rugby, brandewyn, boobs en boude voed."
Kan Suid-Afrika sy uitdagings oorkom?
2020-04-14"Ons nuutgevonde wanhoop lê versper in ons onlangse ekonomiese mislukkings – staatskaping, korrupsie, ’n gebrek aan beplanning vir energievoorsiening, beleidsonsekerheid, die mislukking van swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie ensovoorts – wat ’n bloedbad van werkloosheid van ongeveer 37% teweeggebring het."
Dag 18: Kwarantynketting – "Die tyd van virtuele voortbestaan" deur Naomi Meyer
2020-04-13"Uiteindelik is siek en gesond wees – en lewe en dood – nie virtueel nie. Werklik."
Dag 17: Kwarantynketting – "Hoekie vir die (nie-) eensames" deur Cliffordene Norton
2020-04-12"Ek is bekommerd, maar vir die eerste keer in ’n lang tyd gee ek ook my volle aandag aan wat en wie ek in my hart ronddra."
Dag 16: Kwarantynketting – "Dowwe paniek en onwerklikheid in die Eikestad Mall" deur Danie Marais
2020-04-11"Onder die soeklig van die virus wonder ek opnuut oor die geldigheid van die gedigte waarmee ek in die laaste twee tot drie jaar gestoei het; gedigte oor die vrese en bevoorregte magteloosheid wat voorstedelinge teister."
Stil Saterdag 2020: God is ’n gat om ’n gat
2020-04-10"Stil Saterdag van die vol graf is ’n leë dag, ’n dag van wag, ’n dag van afwesigheid."
Dag 15: Kwarantynketting – "Koue wind" deur Ruan Kemp
2020-04-10"Party aande maak ek my denkbeeldige bure bang wanneer ek van die stoep af skree. Voel die koue wind. Party oggende maak ek my windbuks blaf, kyk hoe die duifpeste wegvlieg. Elke dag kom ’n ou tannie verby op ’n fiets met skreeuende remme. Ons noem haar Veteran; ’n verkoue gaan haar nie afskrik nie."
COVID-19: Die advokateberoep en die groot wegsluit
2020-04-09"Die eenvoudige gevolg sal wees dat tensy finansiële steun betyds beskikbaar gestel word, of die howe vinnig weer behoorlik fungeer, advokate se inkomste aansienlik gaan krimp of heeltemal gaan opdroog. Kollegas vertel reeds hoe talle prokureurs hulle kantore gesluit het sonder om gelde wat agterstallig sou word aan die einde van April te betaal ..."
Dag 14: Kwarantyn-ketting – "Onoplosbare liefde in die vloedtyd" deur Pieter Odendaal
2020-04-09"Hoe langer ek my afsonder, hoe meer deurlaatbaar word ek. Ons is almal onsigbaar aan mekaar verbind, een globale tasfees. Orals waar ons vat, lê microbes wat van ons verbygaan getuig. Ek wil my neus in jou oor begrawe en nooit weer opstaan nie. My hart is lankal reeds in Peru."
Hoender en Moeder Perske – die prag van Xhosa-name
2020-04-08Koos Oosthuysen, wat die Bybelvertaling in isiXhosa gekoördineer het, gesels met Bertie Neethling oor sy LitNet Akademies-artikel, "Persoonsnaamgewing onder die Xhosasprekendes van Suid-Afrika".
Hüzün
2020-04-08"Die tradisie kom uit die Sufi-mistisisme en bied ’n meer positiewe en medelydende begrip van die woord, en van die ruimte of plek van verlies en droefheid in ons lewens. Ons hüzün is nie heeltemal dieselfde nie, maar resoneer verbasend diep met ons Kapenaars. Die pragtige ou Groote Kerk-gebou met sy ryke geskiedenis en die ou slawelosie reg langsaan met sy tragiese geskiedenis."
Koorsstilpunt
2020-04-08"Een nag vaar ek die Styx halfpad oor. My 'still point' breek aan. Tussen oorvaar en die stil oomblik voor omdraai. Tussen die lig wat nog brand net voor jy dit afskakel. Tussen hoe stil dit kan word as jy ophou asemhaal en weer begin. Daardie oomblik tussen die dans en geen dans nie."
Die skep van veilige en ontstellende ruimtes aan universiteite
2020-04-08"In die afgelope paar jaar het postkoloniale en dekoloniale teorieë en proteste studente en dosente uit veilige ruimtes geskud en genoop om gekoesterde posisies te herbedink."
COVID-19: Huiswerkers in onrustige tye
2020-04-08"Wanneer Suid-Afrikaners van onrus praat, is die veronderstelling immers byna vanselfsprekend dat dit polities van aard sal wees. Maar hoe het ons moeilikheid en onrus nie die afgelope tien dae verander nie!"
Dag 13: Kwarantyn-ketting – "Die inperking: die geskenk van gekonsentreerde tyd" deur Riana Scheepers
2020-04-08"Ek mis my fiets en ek kry vir Klara Skaaphond jammer wat saam met die fiets wil hardloop. Maar ek weet dit gaan nie vir ewig duur nie. Ek geniet elke sekonde hiervan. Ek koester ’n ongewone, nuwe ervaring, iets wat ek nie noodwendig vir myself sou bewerkstellig het nie. En ek begin skryf."
