Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Braam Hanekom

  • 1

Freek Robinson gesels weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers.

Vandeesweek is Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis en voorsitter van die Hoop en Versoening Trust, aan die beurt.

Freek en Braam gesels oor leefwêrelde, maatskaplike probleme en dialoog binne plaaslike gemeenskappe.

Kyk ook:

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Francis Petersen

Reguit met Robinson: medikus Angelique Coetzee oor COVID-19-politiek

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Gustaf Claassens

    Enige poging deur wie ookal om probleem situasies beter te maak, is prysens- en navolgingswaardig. ’n Goeie begin is om die menswaardigheid van individue ongeag ras, kleur, geslag en geloof te erken. So ook die taal, kultuur, geskiedenis en tradisies van verskillende groeperinge in ons land. Laat ruimte dat daardie dinge wat vir elke groep belangrik is, sinvol uitgeleef kan word en sien die mooi daarin raak. (Toeriste kom van ver om juis dit te sien en te ervaar; Zulu danse, die Kaapse Klopse, Afrikaanse en ander feeste en dies meer.)

    ’n Reënboognasie veronderstel presies hierdie verskeidenheid anders kan daar nie van ’n reënboog gepraat word nie. Dit is op hierdie grondslag wat daar na mekaar uitgereik kan word. Enige poging in die verband is goed en moet aangemoedig word. Of dit by individue of by klein en selfs groter groepies begin, maak nie regtig saak nie.

    Die probleem is ongelukkig dat daar altyd van ons as ’n minderheid verwag word om toegewings te maak. Ons moet oor-en-oor verskoning vra vir wat meer as 25 jaar gelede gebeur het. Apartheid word voortdurend as ’n soort afpersingsmiddel gebruik wanneer dinge moeilik of gekompliseerd raak. Voeg daarby die massiewe getal “nuwe apartheidsmaatreëls” wat na die sogenaamde “Nuwe Suid-Afrika” teen die Afrikaner en breë blanke gemeenskap ingestel is en geen wonder dat skeptisisme by baie van ons mense bestaan nie.

    Wanneer die speelveld gelyk is voel die mens dat hulle ernstig opgeneem word en dat die bona fides van die ander party(e) opreg is. In so ’n geval kom samewerking en die soeke na gemeenskaplike oplossings baie makliker. Oplossings wat noodsaaklik en in belang van ons almal se kinders is. Ons is reeds ’n kwarteeu in die nuwe SA en die meeste mense is waarskynlik na Apartheid gebore. Tog is dit ironies dat dit juis baie van hierdie jonges is wat die skuld van probleme na ’n vorige era probeer verplaas. Die ouer garde vat makliker hande.

    SA is deur die ANC binne 25 jaar in die afgrond in regeer maar steeds word alles (net soos by die jonges) wat verkeerd gaan, op die blanke minderheidsgroep se brood gesmeer. Dis gerieflik maar nie standhoudend nie. Ons sal eers begin vorder as hierdie ingesteldheid verander. Dit, asook om die kultuur van “alles-vir-mahala-kry” omgedraai kan word. ’n Beter toekoms is slegs moontlik wanneer besef word dat almal ’n bydrae het om te lewer. ’n Oor-en-weer vingerwys gaan ons nêrens bring nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top