Braam Hanekom

Braam Hanekom het in 1977 aan die Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch matrikuleer. Hy behaal daarna die grade BTh, MTh en DTh aan die Universiteit Stellenbosch. Vervolgens was hy predikant by die Studentekerk op Stellenbosch en die NG Gemeente Stellenberg in Durbanville.

Hy was vir twee termyne moderator van die NG Kerk in Wes-Kaapland. Onder sy leiding het die sinode die Belydenis van Belhar aanvaar.

Tans is hy die direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis en voorsitter van die Hoop en Versoening Trust. Die sentrum is ’n platform wat deur die NGK en VGK geskep is om aandag te gee aan publieke kwessies wat die toekoms van ons land raak. Dit sluit sake soos migrasie en behuising, armoede, onderwys en die ekonomie, sosiale kohesie, ekologie, en in die laaste dae die kerk se reaksie op COVID-19 in.

Braam is ’n skrywer van agt boeke en die laaste 10 jaar ’n rubriekskrywer vir Die Burger.

Reguit met Robinson: Eerder wye voetsoolvlakdialoë

Freek Robinson, Braam Hanekom Onderhoude 2025-08-01

Die Nasionale Dialoog van honderde miljoene rande, met ’n politieke agenda. Ellendige armoede en werkloosheid op veral die platteland. Riool wat deur huise loop. Misdaad. Moedeloosheid oor Suid-Afrika se jeug. Braam Hanekom benadruk vir Freek Robinson die belang van onafhanklike, veelvuldige dialoë op voetsoolvlak, regoor Suid-Afrika, tussen gewone Suid-Afrikaners.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Braam Hanekom

Freek Robinson, Braam Hanekom Onderhoude 2020-07-16

Freek Robinson gesels weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers. Vandeesweek is Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis en voorsitter van die Hoop en Versoening Trust, aan die beurt. Freek en Braam gesels oor leefwêrelde, maatskaplike probleme en dialoog binne plaaslike gemeenskappe.

Top