Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Francis Petersen

  • 8

Voortaan gaan Freek Robinson weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers gesels. 

Eerste aan die beurt is Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV). 

Freek gesels met Francis oor transformasie en die besluit om die standbeeld van oudpresident Marthinus Theunis Steyn te verwyder.

Kyk ook:

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Braam Hanekom

Reguit met Robinson: medikus Angelique Coetzee oor COVID-19-politiek

  • 8

Kommentaar

  • Gustaf Claassens

    In studentetaal: wat 'n gegorrel! Soveel semantiek om die luisteraar met selektiewe 'feite' te probeer oortuig dat die verwydering van Pres. Steyn se standbeeld in almal se belang was/is ter wille van versoening. Om nie eens te praat van die grap dat daar nog plek vir Afrikaans is nie. Die UV met hierdie rektor het dan selfs hof toe gegaan om van Afrikaans ontslae te raak.

    In beide gevalle was die motivering blatant; geen simbool of taal wat iets met die Afrikaner (ook wit 'koloniste') te doen het, het plek op die Kovsie kampus nie. (Die naam Kovsie is die volgende wat gaan val. Dis nou nadat "deeglik gekonsulteer" gaan word.)

    Nee wat, die toekoms by die UV behoort aan die Swart jeug, oor en uit. Wit studente is bloot gaste wat verdra word in soverre hulle hulself gedra en net op hul studies fokus. Niks meer en niks minder nie.

    Laat my dink aan Breyten Breytenbach se woorde wat hier van toepassing is: “Alle praat in hierdie treurige, bitter, bont, begrafnisland is politiek – of dit nou fluisterpraat, kakpraat, wind- of spoeg- of saampraat is.”

  • Gerhard Jansen van Rensburg

    Standbeelde kan afgebreek word, maar geskiedenis kan nie uitgevee word nie, al verwyder jy elke wit persoon uit die land sal daar dan 'n Eden in SA wees? Die publiek eet wat voorgehou word op as soetkoek, hierdie goed marginaliseer groepe Suid Afrikaners net meer en meer. Verdeeldheid word net groter, self onder hulle wat na 94 gebore is. Die jong groep gebore na 94, wat nou regstellende diskriminasie beleef, word net groter en groter, die oorsaak kom van 'n baie klein groepie aktiviste wat dit lewend hou, vir eie politieke munt, wat 'n groot groep, goedige mense, elke 4 jaar by die stembus mislei. Ek glo dat 80% (my berekening) Suid Afrikaners is vredeliewend en dat 'n verdere 19% so geaktiveer word, deur 1% leiers/aktiviste/rebelle/opstokers/misdadigers, vir hulle eie politieke munt. Die skaapwagter lei die kudde en hy of sy bepaal wat in en by die kudde toegelaat en nie toegelaat sal word nie. Die gemiddelde Suid Afrikaner, swart, wit bruin en Indier voer tans n stryd om te finansieel te oorleef, in hierdie politieke gemeenskap, in Suid Afrika is "politiek", losgelaat, as die goeie herder, maar in wolfklere, wat die skape moet lei en verenig, maar eerder verdeel, marginaliseer, slag en finansieel misbruik tot hulle eie voordeel, (as die handskoen pas, die tyd waarin ons leef, is alles wat wit is en geskiedenis is, n misdaad, soos deur die linkse politici en hoofstroom media verkondig, wonder maar net oor die infrastruktuur, invoegsel), kom die klein groepie in 'n kleed van heiligheid (hulle skep, terwyl dit pap reen, agter die skerms, looting, maar vertoon heilig op die nasionale verhoee), dink maar aan boeties en halsbandjies by regeringskontrakte ens). Ek is een van die skape en wat nou al hoe meer, soos dinge erger begin raak, rebels teen hierdie groep uitbuiters raak en ek glo ek verteenwoordig baie mense se gevoelens regoor die kleurgrense heen. Ek het goeie vriende onder al die gemeenskappe en hulle reflekteer nie hierdie minderheid-looters se optredes/mening nie. Hulle soek nie sensasie soos wat sekere leiers van verhoë afkondig nie, wat gesê word en toegelaat word, wat die media, wetens en willens geskep en reggekry het, deur verslaggewing van diesulke groepe toe te laat om 'n sekere politieke klimaat van verdeeldheid te skep. Privaat eiendom, openbare eiendom word afgebreuk, verbrand en vernietig, verslaggewing word gedoen asof dit normaal is, met beperkte of geen opvolg media beriggewing oor die gevolge van die dade nie, en die idee, gevoel skep dat wetteloosheid in die land nie en dat dit nie 'n gevolge- baadjie dra nie. Die vriende wat ek ken, verteenwoordig die 80% goeie mense waarvan ek praat, wat goedgeaard is, nie beinvloed word deur die boosheid wat in ons land aangaan nie en slegte goed wat verkondig word nie, ek wil julle vandag salueer vir hierdie goeie gesindheid. Ek wil julle ook uitdaag om hierdie verkeerd in ons land aan te spreek en hulle om mekaar positief te beinvloed en die sleg uit te wys, te marginaliseer, en reg te help waar onkunde heers, sodat die land vorentoe kan beweeg. Die Here help ons.

  • Toe ek na die gesprek luister het ek gedink aan Melanie Phillips, ‘n Britse joernalis, wat die “ transformasieproses” in alle Westerse universiteite in haar boeke beskryf. Die metodes van breinspoeling onder die jeug word mooi beskryf. Sy was eers verbonde aan linksgesinde koerante, maar hoe meer sy gesien en begin skryf het oor wat werklik aangaan is sy uitgeskuif en selfs ‘n Nazi genoem ( sy is ‘n Jood).

    Hoop regtig dat as hierdie “transformasieproses” uiteindelik afgehandel is by Kovsies sal ons weer wêreldklas spesialiste en mediese dokters uit daardie universiteit sien afstudeer. Wonder waar lê die universiteit op die internasionale ranglys van navorsing.

  • Arrie de Beer

    Oor Sarie se vraag: UV staan ongeveer 10de of 11de op die lys van SA universiteite, en min of meer onder die groep universiteite wat so ’n 1 000 van die wêreld se top-universiteite af lê. UCT, Wits is volgens van die verskillende ranglyste onder die 200 en kom volgens sommige lyste al taamlik naby aan die 100 bestes ter wêreld, met US wat nog die 200-merk moet verbysteek.

  • Chris Erasmus

    Ek stoei met die begrip/breinbevlieging van die woord “transformasie”. Wat is die eintlike doel of oogmerk? Wat my ontstel van die gesprekke is die eentonige gesanik wat die gespreksgenote oor transformasie uitspreek. Verstaan mooi, ek is nie teen verandering of bevordering van inklusiwiteit nie, maar daar is perke. Ten koste van wie en wat verander jy? Is dit nodig om een party te benadeel ten koste van ’n ander? ’n Suksesvolle transformasie het ’n wen-wen uitkoms. Na die onderhandeling moet die eindproduk ’n verbeterde model wees. Jy trek nie die bestaande model af nie. Dit is tog voor die hand liggend dat indien iets werk nie daaraan gekarring moet word nie. Indien jy wel karring aan iets, doen jy dit om te verbeter. Die woord transformasie het ’n wrang smaak in die mond gelaat. Geen of baie min getransformeerde ondernemings het enige of standhoudende suksesvolle geskiedenis nie. Die transformasie proses kan met een woord opgesom Die spreekwoord lui mos, hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde. Geen regdenkende persoon vernietig of benadeel ’n bestaande werkende entiteit ten koste van homself nie. Waansinnigheidswaansin.

  • Anthony "Speedo" Wilson

    Gerhard Janse van Rensburg – Dit was ’n klein minderheid Nazis wat Duitsland in ’n 1ste en 2de Wêreldoorlog gedompel het. Dit is die klein jakalsies wat die wingerd verniel! Jy’s reg dis ’n klein minderheid wat die land gyselaar hou. Die oorgroter meerderheid mense IS vredeliewend! Ons moet egter nooit die verkeerde en lelike dinge van die verlede vergeet nie. Ons praat as mense wat aan die verkeerde kant van apartheid en onderdrukking groot geword het. Die generasie wat niemand iets positief van verwag het nie. As bruin persoon sê ek veral vir my swart kollegas. “Ons was nie toeskouers van onderdrukking en apartheid nie – ons as deel van die onderdruktes.” Swart mense wil egter ALTYD maak asof hulle alleen swaar en seerder gekry het as almal. Die getalle spreek wel van MEER nie noodwendig erger nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top