Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

COVID-19 en die toekoms: projeksies, entstowwe, die ekonomie, rampe en inperkings

Elsabé Brits Seminare en essays 2020-04-23

"Daar is geen aanduiding dat Suid-Afrika nie presies dieselfde COVID-19-pad sal loop as enige ander land nie. Die ergste lê nog in die komende maande voor."

COVID-19-politiek: waar verlede, hede en toekoms ontmoet

André Duvenhage Seminare en essays 2020-04-22

"In samehang met bestaande politieke en ekonomiese uitdagings beskou, staan Suid-Afrika voor sy grootste krisis sedert die aanvaarding van die 1996-Grondwet, met sommiges soos Johann Rupert wat reeds praat van ’n ekonomiese parallel met die Groot Depressie van 1931."

Opperlandse overpeinzingen van een neerlandist

Yves T'Sjoen NeerlandiNet 2020-04-22

"Het Nederlands staat onder druk. Op school, aan de universiteit. De studie van het Nederlands kan alleen 'wervend' zijn indien ze wordt ondernomen met oog voor culturele diversiteit en meertaligheid, als deel van Global Studies en met een kritische kijk op de wereld, met aandacht voor maatschappelijke en culturele contexten vandaag."

"Die dramagogga het my gebyt"

Cliffordene Norton, Brutney Singrew Onderhoude 2020-04-22

Brutney Singrew is ’n jong opkomende aktrise wat in die teaterproduksies Ek, Eva en Wat’s oppie menu by vanjaar se Zabalaza-fees by die Baxter-teater opgetree het. Cliffordene Norton gesels met haar oor haar loopbaan en toekomsdrome. 

Filmclichés: die ongeskrewe kontrak

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2020-04-22

"Met die inperking is daar waarskynlik baie mense wat die leë, ledige ure verwyl deur na films, sepies en die stroom van minireekse te kyk. Elke genre, hetsy ’n romantiese komedie, ’n gruwel- of aksiefilm of spioenasiedrama, is deurweef met ’n voorspelbare onderbou."

Dood van ’n bankrower – Allan Heyl (1951–2020)

Melt Myburgh In memoriam 2020-04-21

Allan Heyl: "Meester, dink jy ons sou so onnosel wees om terug te keer na ’n plek wat wemel van polisiemanne op soek na ons?"

Ons was al hier

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-04-21

"Mense is desperaat. Honger maak hulle desperaat. Vrees vir siekte en dood maak hulle desperaat."

Die "skop-en-donner"-mag

Olivia M Coetzee Rubrieke 2020-04-21

"Daa is nou al ’n paa mense dood na die Mag mense 'genudge' en 'gepush' het. En nêrens praat die President gedurende sy speeches oo wat biesag is om te gebeerie deu die Mag wat hulle uitgestuuritie. Maa ôs moet luiste, en ôs moet die reëls volg."

Fynskrif 3: ’n onderhoud met Neels van Jaarsveld

Remona Voges, Neels Van Jaarsveld kykNET Portaal 2020-04-20

"Fynskrif was ’n onvergeetlike ervaring. ’n Absolute hoogtepunt. Elke seisoen was ’n unieke en spesiale reis."

Persverklaring: Koelsoem Kamalie oorlede

LitNet In memoriam 2020-04-20

Dié tannie van Bonteheuwel het luisteraars van RSG aan haar lippe laat hang met die heerlike resepte wat sy gedeel het, haar humor en die reguit manier waarop sy kon praat.

Landskap en kuns vanuit ’n ekoteologiese perspektief

Pieter GR de Villiers, Annalet van Schalkwyk Onderhoude 2020-04-20

Annalet van Schalkwyk, ’n LitNet Akademies-navorser, gesels met Pieter GR de Villiers oor ekoteologie en kuns.

Kwarantynketting: "Together alone in ons eie PRIVATE UNIVERSE" deur Carina Stander

Carina Stander Kwarantynketting 2020-04-17

"Wie van julle onthou 'Private universe' van die groep Crowded House op die album Together alone? In die 1990’s het ons dit op repeat geluister en toe ek dit gisteraand na al die jare weer opspoor, dog ek dis ’n mooi temaliedjie vir hierdie grendeltyd. Genadiglik leef nie almal in ’n Crowded House nie, maar ons is almal Together Alone."

Hoekom Stella onder arres moet wees

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-04-17

"Ek is gekant teen ’n polisiestaat. Ek is gekant daarteen dat regte en vryhede waarvoor ons hard geveg het, sonder meer weggeneem word."

Mediaverklaring uitgereik deur Dawie Beyers Prokureurs – Adv Johan Bruwer se regsverteenwoordigers

LitNet Universiteitseminaar | University Seminar 2020-04-16

"Die aangewese kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), regter Edwin Cameron, word tans in twee forums ondersoek ná klagtes van regterlike wangedrag teen hom ingedien is."

Donald Trump, die koronavirus se beste vriend

Hans Pienaar Seminare en essays 2020-04-16

"COVID-19 is niks nuuts nie – dit bevestig ’n ou waarheid: dat virusse ’n sentrale rol in die mens se evolusie en geskiedenis speel. Daar is geen nuwe normaal nie, net die menslike ekologie wat sig laat geld. Al Trump en ander wêreldleiers se pogings om die siekte te gebruik om hul mag in te grawe, gaan tevergeefs wees as hulle en hul volgelinge se narratiewe selfgesentreerd bly en die helfte van die aardbol gaan ignoreer of uitsluit."

Dag 21: Kwarantynketting – "Die zombiewêreld van COVID-19" deur Ena Jansen

Ena Jansen Kwarantynketting 2020-04-16

"Ondertussen is die Kaap se strate so goed as tjoepstil, die lugruim leeg; en dieselfde skip lê dae lank alleen in Tafelbaai. Hadedas skater oor die stad en voëls twiet-twiet-twiet onder in die tuin. Die sterre is helder en laasweek se volmaan skitterend. Soggens kan ek nie wag dat die son opkom nie."

LitNet Akademies-resensie-essay: Die nuwe Afrikaanse prosaboek, saamgestel deur Sonja Loots en Steward van Wyk

Charl-Pierre Naudé Seminare en essays 2020-04-16

"Die Afrikaanse kortverhaal kan langs die heel beste verhaalkuns ter wêreld staan."

Nou in die verlede: "Mislukking is nie ’n opsie nie" – Apollo 13, 50 jaar later

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-04-16

"Hierdie week 50 jaar gelede het NASA ’n ongekende krisis in die gesig gestaar wat van hulle ’n bykans onmoontlike taak vereis het: om drie ruimtevaarders wat in die ruimte vasgevang was, veilig na die aarde terug te bring. Hierdie week gedenk ons die Apollo 13-sending na die maan."

Universities as safe spaces: A student’s perspective

Jozias Mahube-Reinecke Universiteitseminaar | University Seminar 2020-04-16

Jozias Mahube-Reinecke provides a student’s perspective on universities as safe spaces.

Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Fanie Pretorius Onderhoude 2020-04-15

Die Facebook-groep "Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon" het meer as 11 000 lede en ondersoek sedert 2012 die houdings en gebruike van Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon. Cliffordene Norton gesels met Fanie Pretorius wat die navorsingsprojek geloods het.

Top