Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Kwarantynketting: "Eers die ritme, later die woorde" deur Cas Wepener

Cas Wepener Kwarantynketting 2020-05-05

"Vir my is dit nog heeltemal te vroeg om woorde te hê vir die kwarantyntyd. COVID-19 laat almal tans deur ’n landskap reis waar nuwe ervarings opgedoen en onbekende ritmes beleef word. Wat die woorde ook al gaan wees om hierdie landskap mee te karteer, dit kan ons nog nie weet nie; wat wel seker is, is dat die ervarings en die ritmes nou van belang is om dit sinvol te kan doen."

Die invloed van obesiteit op pasiënte met COVID-19-infeksie

Dawie van Velden Seminare en essays 2020-05-05

"Die pasiënt se samewerking word nou ’n belangrike faktor om sy weerstand teen infektiewe siektes te verhoog sonder onnodige en potensieel nadelige medisyne. Uiteraard behels hierdie benadering positiewe motivering vir die pasiënt om betrokke te raak by sy eie genesing en behoud van gesondheid."

Vroue wat skryf kan toor en tuinmaak

Deborah Steinmair Rubrieke 2020-05-05

"Virginia Woolf het gesê ’n vrou het ’n kamer van haar eie nodig. Dié van ons wat skryf, het vele kamers in ons kop en die drumpel word nooit deurgetrap nie."

Memes: deel van die moderne kommunikasierevolusie

Jonathan Amid Seminare en essays 2020-05-05

"Memes laat Suid-Afrikaners nie net toe om ongelooflik skerp sosiopolitieke kommentaar op die stand van sake te lewer nie, maar vervul dalk ’n nog belangriker funksie: om die angel uit die daaglikse lewe en saam-sin-maak van hierdie trosbom van ’n land te haal."

Post-COVID-19

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-05-05

"Hoe gaan die lewe daarna daar uitsien? Gaan die manier waarop ons sosiaal verkeer ingrypend verander, of gaan ons soos sediment in ons ou, bekende groewe teruggly?"

Hokaai met jou barmhartigheidsprojek!

Frederik Rudolph van Dyk Rubrieke 2020-05-04

"Mense moet egter bedag wees op wat die reg van ons verwag wanneer ons die publiek vir geld vra. Ek het reeds met ’n paar kennisse en vriende gesels en namens hulle navorsing gedoen oor die regsimplikasies van fondsinsameling."

Alwyn Roux in gesprek met Loftus Marais en Nachoem M Wijnberg

Alwyn Roux NeerlandiNet 2020-05-04

Hierdie artikel is ’n transkripsie van Alwyn Roux se gesprek met die veelbekroonde digters Loftus Marais en Nachoem M Wijnberg wat op 28 Januarie by Exclusive Books in Menlyn, Pretoria plaasgevind het.

Vergewe die letterkunde alles?

Lynné Schoeman Menings 2020-05-04

"Die Franse skrywer Gabriel Matzneff het miskien so gedink. Hy het immers nooit ’n geheim gemaak van sy voorkeur vir seks met minderjariges nie ..."

Jou grendeltyd: Liewe Koos!

Karien Brits Menings 2020-04-30

"Ek het al briewe vir Koos vóór COVID-19 begin skryf. Ja, my tas het ’n naam (en sy eie persoonlikheid!). Ek vertel vir Koos van al my reise voordat hy my tas geword het, en ook van al ons avonture saam. In hierdie tyd word my briewe ’n heerlike ontvlugting na my reisherinneringe en -skandes."

Kwarantynketting: "Die padda, die muis en …" deur Cas Vos

Cas Vos Kwarantynketting 2020-04-30

"Wat kan ons wel doen? Ons kan binnenshuis met mekaar praat, hartlangs praat en eet en slaap. En ons kan ook nog lees en ons in fabels verlustig. Miskien kan die onwerklike nog werklik word. Ek het aan Esopus die mistieke fabeldigter gedink. In een van sy bekendste fabels praat ’n muis met ’n padda."

COVID-19, inperkings en boekwinkels: ’n onderhoud met Nicol Stassen

Naomi Meyer, Nicol Stassen Onderhoude 2020-04-30

"Dit lyk op die oomblik of opvoedkundige boeke van vlak 4 af, wat Vrydag 1 Mei in werking tree, verkoop kan word. Dit sal ten minste verligting vir ons en studente en skoliere bring."

Postkoloniale feminisme en die Afrikaanse letterkunde binne die huidige tydsgees

Cliffordene Norton, Marni Bonthuys Onderhoude 2020-04-30

"Letterkunde weerspieël ’n tydsgees en ’n tydsgees word beïnvloed deur kuns (soos letterkunde). Ek vermoed ons gaan toenemend meer feministiese tekste in die Afrikaanse letterkunde sien."

Kwarantynketting: "Die jaar toe ons herfs gemis het" deur Theo Kemp

Theo Kemp Kwarantynketting 2020-04-30

"Die lekkerste deel van Stellenbosch is om op só ’n helder herfsdag in die berg te gaan stap. Om die sagte son op jou vel te voel, die heuning in die fynboslug te ruik, en daarna yskoue witwyn onder die rooiwingerdblaarprieel van De Cameron-restaurant te gaan drink."

Woord(TRO)fees se beste opkomende kunstenaar: "Geduld is die grootste les"

Marli van Eeden, René Cloete Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-04-30

"Ek dink geduld is die grootste les. Geduld met die proses en met jouself." René Cloete was betrokke by die kinderteaterproduksie Huppelkind onder leiding van Marthinus Basson, en met Joanie Combrink, Stian Bam en Andrico Goosen as deel van die geselskap.

Belydenis van geluk

Lidia Rauch Menings 2020-04-30

"Dis hoe FOMO (fear of missing out) kan verander in JOMO (joy of missing out). En hierdie besef is die grootste geskenk wat die lockdown my kom gee het."

Carin Bester: "As jy nie opstaan vir geweldsmisdade teen vroue nie, wakker jy dit aan"

Wilken Calitz Kuns 2020-04-29

"Benewens Carin Bester se werk as aktrise en stelontwerper is sy ook ’n vertoonkunstenaar wat haar beywer vir die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Ek het haar uitgevra oor hoekom sy bereid is om kaal voor mense te staan, haar eie bloed te tap vir ’n optrede, en wat die nut is van haar dapper pogings."

Die coronavirus: Watte opportunities kom as gevolg van lockdown?

Tasneem Daniels Menings 2020-04-29

"Hoe change ôs as ’n economy innie post-coronavirus wêreld? Watte changes moet deurkom veral virrie homeless en mense innie townships en informal settlements? Hoe maak ôs die gap tussen ryk en arm kleiner? Hoe change ôs die health care system? Hoe moet ôse mindsets change om hierie changes te sustain?"

Die lekkerste en slegste boekbekendstellings ooit

Melt Myburgh Boeke en skrywers 2020-04-29

Mis jy die samesyn met skrywers wanneer boeke bekendgestel word? Melt Myburgh het boekmense gepols oor die beste en die slegste boekbekendstellings wat hulle al meegemaak het.

"We live charmed lives" – ’n onderhoud met Tinarie van Wyk-Loots

Remona Voges, Tinarie van Wyk Loots kykNET Portaal 2020-04-29

"Ek kyk na my visse, hier sit ’n kat by my voete en ek het nou net die hoenders kos gegee. In hierdie oomblik, as ek nou net staan en kyk na alles wat ek het en hoe mooi en rustig en vredevol alles is en hoe bevoorreg ek is om dit so te kan hê, dan voel ek in my hart van harte geweldig gelukkig."

Lockdown, die polisie en weermag en kragdadigheid

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-04-29

"Die polisie en weermag tree op asof ons in ’n noodtoestand is, waar die publiek in opstand kom teen die regering. Hulle het klaarblyklik moeite om te besef dat ’n ramptoestand ’n geleentheid is vir hulle om die publiek by te staan en te help."

Top