Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

"The little auntie is a clown"

Deborah Steinmair Rubrieke 2020-06-11

"In een van my gunstelingstories van Jeanne Goosen, duidelik outobiografies, trek die kinderverteller haar pa se tuxedo aan en doen sy toortoertjies vir haar boetie en sussie. Later gaan verkoop sy raffle-kaartjies vir die skool, steeds in die opgerolde tuxedo."

ATKV-Postmatriek – "’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen"

Remona Voges, Lizette Odendaal ATKV-Portaal 2020-06-11

"ATKV-Postmatriek is ’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen terwyl hulle aan ’n indrukwekkende CV werk, tonne blootstelling aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite en loopbaanrigtings kry, ’n gestruktureerde emosionele-intelligensie-program deurgaan en selfvertroue en lewensvaardighede opbou."

"Ek het uiteindelik my mojo terug" – ’n luisteronderhoud met Nina Schumann

Remona Voges, Nina Schumann Onderhoude 2020-06-11

"Met Concerts Connect voel ek vir die eerste keer in jare weer die dryfkrag en die ongelooflike energie van ’n goeie projek; iets wat ek voel ek regtig ten volle kan ondersteun." Nina Schumann gesels met Remona Voges in ’n eksklusiewe luisteronderhoud. 

Ter verdediging van Nkosazana Dlamini-Zuma

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-06-11

"Sy is ʼn opgevoede, intelligente, elegante swart vrou wat geen probleem het daarmee om die mag wat sy het, te gebruik nie. Dis waarom sy gehaat word. Hoe durf sy nie haar plek ken nie?"

"Ek het nie net geleer hoe om goeie apple cider tydens lockdown te maak nie" – ’n onderhoud met Melt Sieberhagen

Remona Voges, Melt Sieberhagen kykNET Portaal 2020-06-11

"Goeie komedie is snaaks. Dit sê iets. Nie noodwendig met ’n flashing, bright neon sign nie, maar dit sê dit hard."

Hoe moet gelykheid lyk?

Hanru Niemand Seminare en essays 2020-06-10

"Die probleem lê eerder by die gevolgtrekking wat hulle [die MRK] hiervandaan maak: 'Die ongelyke heropening van sommige skole ... beperk egter ook die reg op basiese onderwys van leerlinge wie se grade of skole nie heropen nie, die grondliggende reg op gelykheid wat deur artikel 9 van die Grondwet verskans is.'"

COVID-19: ’n "Bouncer" soos Dominic Cummings vir Cyril

Jason Lloyd Rubrieke 2020-06-10

"In teenstelling met internasionale praktyk het Ramaphosa hom tot op hede nog nooit beskikbaar gestel om onderwerp te word aan joernaliste se vrae op ’n nuuskonferensie nie ... Dit is dié gebrek aan interaksie met joernaliste wat ingevreet het op Ramaphosa se golf van politieke kapitaal wat hy aan die begin van die inperking gery het."

Adriana Francke help kinders sangdrome bewaarheid

Carla van der Spuy SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-06-10

"Adriana help met die stilering en vervoer, vervoer die kinders op haar eie koste heen en weer na opvoerings en het haar huis vir hul repetisies oopgestel. Dikwels moet sy haar sak skud, ten koste van haar eie familie en gesin se behoeftes, maar dit pla haar allermins."

Studiegidse vir skoolkinders: ’n onderhoud met Sonia du Plessis

Naomi Meyer, Sonia du Plessis Onderhoude 2020-06-10

Is jou skoolkind nog tuis? Sonia du Plessis se studiegidse kan help!

Ingeperk in die aftreesentrum

Danie Botha Menings 2020-06-09

"Ek kla by die bestuurder. Kan ons nie begin terugkeer na die gewone,  die bekende nie? In plaas daarvan om aanhoudend nuwe plakkate opsit, aankondigings te maak."

Die Viёtnamoorlog en George Floyd

Danie van Wyk Seminare en essays 2020-06-09

"Die 'land of the brave and land of the free' is steeds na hóéveel dekades nie die land van die Amerikaanse droom nie. Wat vir sommige ’n droom is, is vir ander ’n nagmerrie."

Die stad sonder ’n kerk

Chris Jones Menings 2020-06-09

"Terwyl ons indraai by die garage besef Howie hy moet sy punt nou vinnig en duidelik stel. 'Verstaan jy die boodskap, Meneer? Ons moet ook ’n visie van die stad hê – en dit dan waar gaan maak. Nóú, in hierdie lewe!'"

Op die frontline: ’n gesprek met Stanley Jacobs oor stories

Olivia M Coetzee, Stanley Jacobs Onderhoude 2020-06-08

"My droem is baie simple: Die Cape Flats moet prosper, ek wil meer professionals sien as gangsters."

Skole: die implikasies van die "nuwe normaal"

Renette Symington SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-06-08

Renette Symington, ’n Afrikaansonderwyseres, skryf oor die COVID-19-maatreëls in skole en deel foto's wat ’n blik bied op hoe skole tans funksioneer.

"Hoë" boekpryse? Dís waarvoor lesers betaal

Melt Myburgh Boeke en skrywers 2020-06-05

"Maar is boeke hier te lande werklik duur? Of moet uitgewers versigtig meet en pas om die begroting te laat klop en boeke winsgewend te produseer?"

"Ek is eintlik net ’n nerd" – ’n onderhoud met Nina Swart

Remona Voges, Nina Swart kykNET Portaal 2020-06-05

"Ek onthou hoe dit was om gementor te word deur ervare mense in die bedryf, en nou vra mense vir my vrae asof ek ’n mentor kan wees. Bwaaa! Ek klink soos ’n ou tannie wat verwonderd is oor die feit dat ek nou ’n ou tannie is."

Nou in die verlede: ’n Viering van die menslike gees oor swaarkry – Vic Clapham en die Comrades-marathon

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-06-05

"Die Comrades-marathon van 2020 is gekanselleer. Vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog is hierdie moordende ultramarathon tussen Durban en Pietermaritzburg, die oudste en waarskynlik een van die moeilikste ultramarathons ter wêreld, afgelas."

Herinneringe aan die groot gees, Jeanne Goosen

Hettie Scholtz In memoriam 2020-06-04

"Ons gaan na jou verlang, ou Jiena. Jou spore lê ons wêreld vol."

Elders gesien: Danie Marais onthou vir Jeanne Goosen

Danie Marais Elders gesien 2020-06-04

"Jeanne Goosen hét styl: die manier waarop sy haar meer as sewe dekades en haar plooie dra soos ’n sangoma ’n Pep Stores-kombers wat sy enige tyd kan afgooi; die manier waarop sy in die restaurant The Long Table inslof asof niks gemaak van geld en aansit haar kan beïndruk nie; die manier wat sy haar sigaret aansteek en ’n dubbel-whisky vir ontbyt bestel ..."

Jou grendeltyd: COVID-19-grendeltydlesse

Abrie Snyman Menings 2020-06-04

"Met nóg ’n vuil beker is daar nou net een oplossing en dit is om die hoop vuil skottelgoed trompop te loop. Met ’n stadige huppel in my stappie dans ek tussen die twee opwasbakke, beide nou gevul met vuil skottelgoed, asof ek dit elke dag doen."

Top