Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Is daar plek vir my wit skuld?

Lidia Rauch Menings 2020-07-02

"My buurman en baie van die inwoners in ons blok is swart, bruin en Indiër en ek is bewus dat Suid-Afrika se ongelykheid nie meer suiwer op raslyne getrek kan word nie. Maar in dieselfde asem kan ek hoegenaamd nie ons geskiedenis van meer as 365 jaar uitvee en nie raaksien hoe hierdie realiteit uitgekerf is om mense van kleur te benadeel en wit mense te bevoordeel nie."

Radiodramas: 2020-New Voices-program (Kunstekaap)

Menán van Heerden, Rafiek Mammon Onderhoude 2020-07-02

Menán van Heerden gesels met Rafiek Mammon oor die Kunstekaap se meertalige 2020-New Voices-program in die tyd van COVID-19. Die teaterproduksies word vanjaar as radiodramas uitgesaai.  

#opdielug met Tasneem Daniels

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Tasneem Daniels Onderhoude 2020-07-02

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Tasneem Daniels oor haar dramaproduksie Miela’s box. Hierdie Suidoosterfees-toneelstuk is onlangs op Radio 786 as radiodrama uitgesaai as deel van die Kunstekaap se 2020-New Voices-program, in samewerking met die Suidoosterfees, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Jakes Gerwel-stigting.

Hofuitspraak oor Afrikaans by Unisa ’n ligpunt in ’n donker omgewing

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2020-07-02

"Hierdie nuwe gees om meertaligheid te dryf moet volgens Steenkamp verwelkom word. Hy sê mense moet besef Afrikaans is ook ’n inheemse taal en nie ’n oorblyfsel van kolonialisme nie."

Watch where you walk – even the statues have feet of clay

Bill Nasson Opinion 2020-07-01

"As with us, and those who preceded us, the time will come to face those perennial and large historical questions – who and what are we as a country and a nation? What have we been? Where are we heading?"

SAPD en GBV

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-06-30

"Die polisie hou graag as rede vir hul mislukkings gebrek aan samewerking van die gemeenskap voor. Maar wie se skuld is dit wanneer hulle aktief optree om die gemeenskap te ontmoedig om saam te werk? Wanneer hulle mense wat vorendag kom, soos kriminele behandel?"

Gay is oukei

Lidia Rauch Menings 2020-06-30

"Hierdie interaksie met Mika het my laat wonder hoekom ons in die eerste plek soms oortuig is dat mense wat anders as ons glo, dink, doen of lyk, nie oukei is nie."

In memoriam: "Macassar se eie Lady Di het tragies tot ruste gekom."

Marlene le Roux In memoriam 2020-06-30

"Die leemte wat Kirvan laat is onmeetbaar groot. Kirvan se nalatenskap, soveel groter."

"Dit is ’n vreeslose daad om eienaarskap van jou identiteit te neem"

Roberto Kyle Menings 2020-06-30

"As ’n queer-persoon is dit gevaarlik om hierdie geweld – homofobie –  te konfronteer. Dit is ook gevaarlik om op te daag met die vermetelheid om, sonder twyfel, jouself te wees.  Ons probeer konstant om ons identiteit te onderhandel in spasies en gemeenskappe waar ons as stereotipes, sonder menslike ervaringe, verlaag word."

Digitale nuusmedia en radioaktiewe afval

Handré Brand Seminare en essays 2020-06-29

"Met hierdie artikel word ’n poging aangewend om ’n dwarssnit van inligting oor radioaktiewe afvalbestuur te identifiseer en te ontleed."

Die Suid-Afrikaanse politiek – ’n tyd van fundamentele verandering?

André Duvenhage Seminare en essays 2020-06-28

"Reeds voor die uitbreek van COVID-19 was die Suid-Afrikaanse ekonomie, politiek en samelewing in krisis gedompel."

Louis Heyneman reageer op Etienne Viviers

Louis Heyneman Menings 2020-06-25

"As akademikus sou ek hoop dr Viviers is beter vertroud met presies wat alles by die orkes in Kaapstad aangaan. Dertig present van ons lopende koste word aan opleiding (baie daarvan in die townships!) spandeer ..."

Fopnuus vier hoogty in tye van onsekerheid

Marli van Eeden, Lizette Rabe Onderhoude 2020-06-25

“Fopnuus vind vrugbare aarde in tye van onsekerheid. En watter groter onsekerheid as die huidige wás daar al in ons heugenis? ’n Pandemie wat lei tot ’n ‘info-demie’. Dié faktor van onsekerheid gepaard met ‘n ander element, tegnologie, beteken fopnuus gedy.”

Fyn skryf aan regsreeks – ’n onderhoud met Louis Pretorius en Albert Snyman

Remona Voges, Louis Pretorius, Albert Snyman kykNET Portaal 2020-06-25

"Ek sou sê ek is stadiger en meer berekend as dit by stories kom, waar Albert se kop teen ’n miljoen kilometer per uur werk met duisende idees wat ontplof. So ek anker hom, maar hy gee die hardkoppige Capricorn vlerke om mee te droom en saam kom ons by ons stories uit."

Quo vadis Mosambiek?

Handré Brand Seminare en essays 2020-06-24

"Die pad vorentoe vir Mosambiek en die impak van Islamitiese radikalisering op sy noordelike gebiede is beslis nie ’n kwessie van maanskyn en rose nie. Die vraagstuk is gegrond in die interaksie van komplekse maatskaplike, ekonomiese, politieke en ideologiese faktore."

Agbare ideologiekritiek teenoor veragtelike performativity

Frederik Rudolph van Dyk Seminare en essays 2020-06-24

"Die aanlyn massas is blykbaar onder die indruk dat die blote uitroep van ’n ideologiekritiese begrip die oordeel finaal vel, so asof die verbaliteit daarvan ’n magiese spreuk is wat die realiteit afskaaf om binne die spreker se vooropgestelde gevolgtrekking te pas. Dit roep as’t ware die beeld op van karakters uit die Harry Potter-reeks, wat met ingewikkelde towerwoorde hul omgewing kan manipuleer."

Musiek in die tyd van COVID-19: ’n onderhoud met Etienne Viviers

Naomi Meyer, Etienne Viviers Onderhoude 2020-06-24

"Ek sou wou hê dat Suid-Afrikaanse orkeste baie minder van die monumentale Romantiese-tydperk-musiek speel wat in aard vergelykbaar met ’n Cecil John Rhodes-standbeeld is. In hierdie opsig is dit net ’n tekort aan verbeelding wat verhoed dat die musiek van townshipmusikante ook deur orkeste gespeel word."

Van woorde en pistole

Jean Meiring Rubrieke 2020-06-23

"Die stories wat woorde en name onderspan, duik dikwels in verrassende ruimtes op. Tog ’n vreemde toeval dat Christian Cooper wat op 25 Mei vanjaar deur die Kanadese vrou Amy Cooper in die stad New York se Central Park in ’n onderonsie ingetrek is, dieselfde van as sy het."

Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar

LitNet, Conrad Steenkamp, Heindrich Wyngaard, Jeremy Vearey, Frank Hendricks, Charlyn Dyers, Gerda Odendaal, Monn-lee Geduld LitNetKanaal op YouTube 2020-06-23

"Die toekoms van Kaaps"-webinaar van die Afrikaanse Taalraad, aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en LitNet, het op Jeugdag, 16 Junie 2020, plaasgevind. Lees ook bydraes oor Kaaps deur die jare uit die LitNet-argief.

Het verzwegen verhaal dat verteld moet worden

Hendrik-Jan de Wit NeerlandiNet 2020-06-23

"Wat een roman is Wij zijn wrekers over dit alles van Conny Braam. Het is onmogelijk om dit verhaal goed te typeren; zo rijk is het aan verhaallijnen, gebeurtenissen en personages."

Top