Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Justice in the time of COVID-19: an interview on the outcome of LAW FOR ALL’s writing competition

Naomi Meyer, Jackie Nagtegaal Opinion 2020-07-22

"I am deeply worried about the current status quo, and how we will answer in the face of COVID. The justice inequality stands to be aggravated by the aftershock of the epidemic."

Sjaka S Septembir oor Nag van die slang-uil en die legendariese Staal Burger

Remona Voges, Sjaka S Septembir Onderhoude 2020-07-21

"Ek het geen idee wat die feeste van die toekoms vir ons inhou nie, maar ek is flippen nuuskierig en opgewonde daaroor … al kom elke nuwe geboorte met pyn."

In memoriam: Leon van Nierop onthou vir Elize Cawood

Leon van Nierop In memoriam 2020-07-21

"Mens-mens, koesterende kosbare speler, vriendin, onkreukbare aktrise, swaargewig sonder houding. Sy was alles en meer."

Treurtrips: De schoonheid van lelijk Nederland

Hendrik-Jan de Wit NeerlandiNet 2020-07-21

"Wat Mark van Wonderen vooral laat zien is dat sommige vermeende mooie plaatsen helemaal niet zo mooi zijn. Wat te denken van de Nederlandse kust – wat staat daar een lelijkheid!"

Troeteldiere in COVID-19-spervuur: fopnuus en vrees

Marietjie Warrington Menings 2020-07-20

"Diereskuilings is skielik oorval met groot getalle losloperinnames en daar is bevind dat talle plaaslike en internasionale sentrums nou uit hul nate bars."

Spiraal in spiraal – Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer, ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Johann Rossouw Seminare en essays 2020-07-20

"Die boek is nie net ’n treurwerk nie, nie net ’n reisverslag nie, nie net ’n opgaaf van ’n eerste poging om te verstaan wie Karel Schoeman was en waaroor sy werk ten diepste handel nie, maar die eerste tree, meen ek, in die rigting van wat moes kom, naamlik die werk van ’n persoon met die nodige gevoeligheid, afstand en verbintenis om die lewensreis van Karel Schoeman te boekstaaf."

Nathan Trantraal (1983–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-07-20

"My Afrikaans lyk soesie mense wat it praat. Die geskiedenis van Coloured mense is heeltemaal locked up innie Afrikaans wat hulle praat. Is Engels, Dutch, Malay, Indonesian Arabic, Khoe. Dis ’n version van Afrikaans wat unedited is, sône gatekeepers en sône affectations."

Persoonlikheidseienskappe en vatbaarheid vir samesweringsteorieë

Handré Brand Seminare en essays 2020-07-17

"Deur middel van ’n samesweringshipotese word die heersende hoofstroomverklaring vir ’n bepaalde historiese of huidige gebeurtenis bevraagteken. Omdat dit ’n teorie is oor ’n moontlike sameswering, is dit meestal vals, maar kan dit ook elemente van die waarheid bevat."

Noleen: Robert Young op tagtig

Robert Young Menings 2020-07-17

"Mý aftrede was nog ver in die toekoms en ek het in daardie tyd, wel, selfs na my aftrede, die Saterdagaandversoekprogram U eie keuse aangebied ... Een van die talle gereelde inskrywers met versoeke was ene Noleen Ferreira van Joubertina. Die kaartjies was in ’n eenvoudige oumenshandskrif, en ek het aangeneem dat sy al redelik bejaard moes wees."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Braam Hanekom

Freek Robinson, Braam Hanekom Onderhoude 2020-07-16

Freek Robinson gesels weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers. Vandeesweek is Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis en voorsitter van die Hoop en Versoening Trust, aan die beurt. Freek en Braam gesels oor leefwêrelde, maatskaplike probleme en dialoog binne plaaslike gemeenskappe.

Maa hoe stiek mens die rienboeg weg?

Olivia M Coetzee Rubrieke 2020-07-15

"As grootmens het ek altyd gewonne maa hoekô moes ek uit die rienboegkas uitklim wanne dit baie clear was vi anne mense watte kleur my liefde is. En ek het kô realise dat dit wassie vi anne mense nie, maa vi myself."

Kwarantynketting: "Dis COVID, en ek kou witbrood" deur Zirk van den Berg

Zirk van den Berg Kwarantynketting 2020-07-15

"Probeer jou die ideale plek voorstel om te wees as daar ’n pandemie uitbreek. Ek sou reken ’n goeie kandidaat is iets soos ’n eiland op ’n uithoek van die aarde, yl bevolk, betreklik welvarend, met goeie mediese geriewe en ’n oopkop regering. Met ander woorde, Nieu-Seeland."

DigiKuns: ’n onderhoud met Jacqueline Göttert

Naomi Meyer, Jacqueline Göttert ATKV-Portaal 2020-07-15

"ATKV-DigiKuns bied vir die ATKV die geleentheid om gedurende onsekere tye steeds ’n aktivis te bly vir die ontwikkeling van kuns, kultuur, die mens en uiteindelik die samelewing in sy geheel."

"Jy is nooit groter as die storie wat jy vertel nie" – Christo Davids oor kunstenaarskap en Spoorloos II: Heksejag

Remona Voges, Christo Davids kykNET Portaal 2020-07-14

"Stories dwing mens half om te luister na wat iemand te sê het. Vir my is dit belangrik omdat dit kom met ’n groot verantwoordelikheid. Stories kan maak en stories kan breek. Daai besluit lê in die ink van die skrywer."

Edvard Munch se beroemde skildery, Moeder Natuur se kreet

Jo-Marie Claassen Menings 2020-07-14

"Help die wêreldwye grendeltyd ons nie tans om die natuur se balans te herstel nie? Of is die pandemie Moeder Natuur se wraak op die onbesonne mensdom se vernietiging van natuurlike bronne ...?"

Etiket en die nuwe normaal

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2020-07-13

"Bypassende maskers raak nou die in-ding, net soos dit die geval was met handskoene, wat aanvanklik tydens die tifus-epidemie gebruik is as beskerming, maar later gevestig is as modieuse bykomstigheid. Soveel dae, soveel dinge, en uiteindelik is dit net bedagsaamheid wat oorbly."

Die rol van die Britse regering met betrekking tot slawerny en die konsentrasiekampe

Danie van Wyk Seminare en essays 2020-07-13

"Om beelde van kolonialiste en slawehandelaars te verwyder roer nie die wortel van die probleem aan nie, maar dien slegs as ’n uitlaatklep vir protesaksies. Die kwessie wat nie aangeraak word nie, is reparasie."

ATKV vier vanjaar 90ste bestaansjaar

Marli van Eeden, Gerrie Lemmer Onderhoude 2020-07-10

"Ná 90 jaar wil die organisasie steeds die verskil wees wat hy al vir jare vir Afrikaans in Suid-Afrika was." Marli van Eeden gesels met Gerrie Lemmer, die uitvoerende hoof van kultuur van die ATKV.

Die nuusmedia se toekoms het opgedaag

Herman Wasserman Menings 2020-07-10

"Wêreldwyd was die drukmedia al vir jare in ’n wurggreep."

Bekroonde Libertaskoor hou aanlyn vertoning ten bate van liefdadigheid

Marli van Eeden, Johan de Villiers Onderhoude 2020-07-10

Sluit aan by die bekroonde Libertaskoor op Saterdag 11 Julie om 19:00 vir ’n virtuele aanlyn vertoning, gelei deur seremoniemeester Gillian Arendse. Instrumentale begeleiding word aangebied deur Gerhard Niemand op die klavier, die Ramon Alexander Trio, en Zorada Temmingh op die orrel. Die vertoning sal tot 18 Julie beskikbaar wees om te kyk. Johan de Villiers, wat sedert die stigting van die koor in 1989 die dirigent van die koor is, vertel meer oor hul eerste aanlyn vertoning.

Top