Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Ons leef in Suid-Afrika asof ons nie ’n verlede het nie
2020-09-24"Dit het my onkant gevang dat die WVK-verhore weer by my kom spook het toe mediaberigte my laat voel het gewone mense moes nou kies tussen Black Lives Matter en weerlose mense wat op plase vermoor word."
#MissieErfenis2030
2020-09-24"Die waarheid is dat ons Erfenisdag as Braaidag gedoop het en dit dalk so begin aanvaar het. Daar is wel niks fout met ’n stukkie braai nie, en dit is beslis wat ons as Suid-Afrikaners saam bind, maar dit kan soveel meer as dit wees. Dis ’n uitnodiging om nie net ons eie kultuurerfenis te vier nie, maar ook werklik van mekaar te leer."
Hoe lyk die current climate vi Muslims wat hulle stories in showbiz ve’tel?
2020-09-24"Sal daai nie ’n cool contribution aan Heritage Day wies nie – om ’n storytelling paradigm shift of note te maak! Die Muslim storytelling world, ennie world at large, sal nooit wee dieselle wiesie."
British Settlers and South African identity
2020-09-23"But the English language’s South African origins obviously have emphatic historical roots, with the language arriving via historical processes and people with a culture manifested in innumerable forms, most long shared across communities from origins other than British. Like Hermann Giliomee has explained in his magisterial Die Afrikaners, people are entitled to their historical story, warts and all."
Danny Titus (19 Mei 1957 – 18 September 2020)
2020-09-23"Ons het op ’n ander uitkoms gehoop, tog het ons stilweg geweet dat die einde onvermydelik is. Nogtans was die berig wat ons laataand, 51 dae later, op 18 September 2020 gekry het, ’n skok."
Skoon wasgoed-rubriek: Daardie goue naald in die hooimied
2020-09-23"Die publikasie van Jaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe, het ’n sonderlinge nuwe skrywerskap in Afrikaans aangekondig."
André Duvenhage: Dís die ergste wat met SA kan gebeur
2020-09-22"In Suid-Afrika is politiek inderdaad ’n spel wat handel oor mag, oorlewing en bevoordeling, en jaloesie en afguns eindig dikwels met die dood. Die laaste skoot in hierdie geveg is nog nie gevuur nie en Ramaphosa se rug is baie oop."
"Liefde love uthando" vier Suid-Afrika se diversiteit in Erfenismaand
2020-09-22"Ons lewe in ’n unieke land met soveel kulture en tale. Dit sorg vir baie ryk en mooi dinge in die kunste asook net vir daaglikse interaksies met ander, maar ongelukkig is daar ook kere wat ons so geheg is aan ons eie kulture dat ons vergeet dat ons almal Suid-Afrikaners is."
Trump se Amerika vs Hitler se Duitsland: enige verskil?
2020-09-21"Daarom dat Trump se opkoms my nie juis verbaas het nie. Hy spreek tot die vooroordele wat ’n groot groep van sy landgenote deel. Hy gee toestemming vir hul rassisme om tot volle wasdom te kom."
Huldeblyk aan Danny Titus
2020-09-21“Hy was ’n taalaktivis wat nooit geskroom het om die saak van Afrikaans te bevorder nie. Danny was ’n regsgeleerde, ’n menseregtekommissaris, ’n stryder vir die regte van vernalate Afrikaanssprekers om hul plek aan die Afrikaanse tafel as gelykes in te neem en saam as vennote die saak van Afrikaans te bevorder en te ondersteun.”
Digitale dood
2020-09-21"Teen 2012 was daar reeds 30 miljoen afgestorwe Facebook-gebruikers op dié gewilde sosiale-media-webtuiste. En teen 2100 sal daar na raming 4,9 miljard oorledenes op Facebook wees, wat mens dadelik aan ’n reuse-Facebook-begraafplaas laat dink."
In memoriam: Gabriël (Gawie) Fagan (1925–2020)
2020-09-18"Fagan was ’n veelkantige mens wat nie in ’n enkele definisie pas nie. Hy was iemand wat nie vir ’n uitdaging geskroom het nie en altyd met geesdrif en ywer nuwe projekte aangepak het."
Adieu, Bernard, ami de l’esprit et amateur sans pareil de ce monde: ’n Huldeblyk aan Bernard Stiegler (1 April 1952 – 5 Augustus 2020)
2020-09-18"Ek is nie bewus van ’n eietydse denker wat ons tyd so briljant gediagnoseer het nie, en wat die absolute sentraliteit van die menslike gees en die noodsaak van ’n nuwe metafisika so oortuigend as Stiegler bedink het nie."
Bonteheuwel se tannies: Erfenis, Afrikaans en stories
2020-09-18“Die twee tannies se verhaal gaan oor veel meer as net resepte. Dit is die vergestalting van ’n visie oor nasiebou, verdraagsaamheid, van erfenis, van Afrikaans, van respek, diensbaarheid, van stories. Van hoe ons is.”
Regulating religion door Helena van Coller
2020-09-17"Kortom: als u belangstelling hebt voor religie, en denkt dat juridische boeken vervelend zijn, moet u dit boek ter hand nemen om van gedachten te veranderen. En als u houdt van recht, en meent dat religie als thema niet meer van deze tijd is, moet u hetzelfde doen."
Waardering is ’n onderskatte juweel
2020-09-17"Waardering is die magiese bestanddeel van ’n denkomgewing en ons is heeltemal afhanklik daarvan, selfs al besef ons dit nie."
Kaapse langarmmusiek
2020-09-16"Hierdie artikel handel hoofsaaklik oor die skrywer se siening en belewenis van en waardering vir die Kaapse langarmmusiekstyl."
ekstasis-kortfilm vertel queerliefdesverhaal van vroue
2020-09-16"Ons dink dit is wonderlik dat queerverteenwoordiging daagliks al hoe meer te sien is en dat dit al hoe minder van ’n taboe onderwerp in die samelewing word. Dit gesê, voel dit asof daar nog baie werk rondom queerverteenwoordiging gedoen moet word, veral as dit by vrouens en non-binary liggame kom."
Geloofsclichés: Het die Here vir jou gesê?
2020-09-15"Heeltemal stupid is ek darem nou ook nie. As voormalige teologie-student en gekwalifiseerde traumatoloog en berader het ek darem so ’n bietjie kennis gedra van God se karaktereienskappe en besef dat die moer in die kerkdeur van die geslote gemeenskap een of ander tyd sou strip. En dit het."
Huldeblyk in beeld: Die tannies van Bonteheuwel
2020-09-15Die twee kosmaaktannies van Bonteheuwel, Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, is kort ná mekaar oorlede. Izak de Vries bring hulde met van sy foto’s.
