Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Skoon wasgoed-rubriek: ’n Ster word gebore
2020-08-27"Dit was duidelik hier was iets buitengewoons aan die gang. Die titel was Griet skryf ’n sprokie. Dit was 1992."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met medikus Helmuth Reuter
2020-08-27Die medikus Helmuth Reuter oor die stand van sake rondom COVID-19 tans: vatbaarheid; ’n entstof; komende golwe; aard van die virus; inperking – alles wat jy wil weet.
Die effek van COVID-19 op skole: ’n onderhoud met Liesel Ebersöhn
2020-08-26"Die gemak met verandering. Dit is ewe skielik so deel van jou onmiddellike omgewing, die feit van verandering. Onsekerheid is normatief, dit is normaal."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Annari van der Merwe se bydrae
2020-08-26"Dit is vir my wonderlik dat ná al die jare van vriendskap ons gesprekke nooit in net ditjies en datjies verval het nie."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Nico Steytler se bydrae
2020-08-26"Sy was ’n bruisende lewenskrag wat vir my, en ook vele ander, diep geraak het."
Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal
2020-08-26"Die groter erkenning van dialekte sal natuurlik afhang van die mate waartoe dialeksprekers eienaarskap sal neem van hul dialekte en hul dialekte begin opeis as funksionele kodes en sodoende begin wegdoen met die selfstigmatisering van dialekte as ontoereikende en minderwaardige taalkodes."
Die Staat versus Oscar Pistorius: ’n herbesinning – deel 1
2020-08-25"In hierdie bydrae bespreek ek in leketaal sover dit moontlik is, die getuienis oor die gebeure in en om Oscar Pistorius se huis die nag toe hy die skote gevuur het wat vir Reeva Steenkamp gedood het ..."
Christopher Torr en Laurika Rauch se “Hot gates” in Engels en Afrikaans: ’n vergelykende studie
2020-08-25"Vertel die plekname ’n storie? Indien 'Hot gates' as ’n musikale kunswerk beskou word, wat word deur die lirieke uitgebeeld? Dit gaan dus uiteindelik oor die betekenis van eiename, in hierdie geval plekname."
Afrikaans: Vind daar onteiening plaas?
2020-08-25"Tensy daar spoedig ’n kentering in Afrikaansgeledere kom, gaan Afrikaans in ’n al kleiner mindere mate, ten minste wat woordeskat betref, van Engels onderskeibaar wees en is Afrikaans se uiteindelike ondergang verseker."
’n Verstrengelde pad
2020-08-24"Dat soveel lojale Volksblad-lesers nie meer die voorreg het nie, verteer ek bitter swaar. Hoe my lewe met daardie geliefde koerant verstrengel was, is nie iets wat jy sommer soos ’n ou kleed van jou afwerp en vergeet nie."
De krekel, de mier en Antjie Krog
2020-08-21"Toen ik het kortste hoofdstuk uit Hoe alles hier verandert van Antjie Krog las, moest ik denken aan de fabel van de krekel en de mier."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Schalk Burger sr
2020-08-21Na miljarde rande se verliese sal dit ongeveer 3–5 jaar neem vir die bedryf om te herstel. Freek Robinson gesels met Schalk Burger sr, eienaar van die Welbedacht-wynlandgoed in Wellington, oor die krisis in die wynbedryf.
"Ek het maar ’n ding vir papier" – Lucinda Neethling gesels oor stopanimasie en haar nuwe enkelsnit
2020-08-21"Verkenners is almal weerloos as hulle op ’n nuwe plek beland, en so ook mense in verhoudings. Dis moeilik om iemand te leer ken en dis moeilik om iemand toe te laat om jou te leer ken. Wérklik te leer ken. Die inperking het baie mense geforseer om weer hul naastes te leer ken, en ook hulself."
Dit skort aan omgeedoepa
2020-08-21"Hoekom is dit dat ’n swart familie sulke wrang vrugte pluk in ’n bedeling wat veronderstel was om hulle lewens beduidend te verbeter? ... Dis ’n verhaal van ’n gebrek aan omgee, soos met die Life Esidimeni-skandaal. Dis ’n verhaal van sommige verpleegpersoneel wat nie respek het vir pasiënte nie."
Professor Paul de Keyser en Zuid-Afrikaanse dissertaties: Ernst van Heerden promoveert in Gent
2020-08-21"Dankzij archiefonderzoek aan de Universiteit Gent, meer bepaald in de nalatenschap van professor Paul (Pietje) de Keyser, is een document opgedoken waarin bijzonderheden staan over de promotie van Ernst van Heerden."
Nóg Engelse taalhegemonie: Die georganiseerde regsberoep trap in ’n ou etiese sponsdoring
2020-08-21"Meertaligheid in hierdie verband is daarvan afhanklik dat dit vir die LPC prakties en gerieflik (practicable and convenient) is. Dit is weer so goed as om te redeneer dat sistemiese regstelling van onreg sal plaasvind vir sover dit vir die onderdrukker gerieflik en prakties is."
In gesprek met Bernard Lategan: Gevorderde Navorsingsinstitute as keerwal teen vervlakking
2020-08-20"Nogtans is die 'wetenskap' die enigste verweer wat ons het om ons op te beroep in hierdie tyd van onsekerheid en kwaksalwery. Nie as ’n kitsoplossing nie, maar as ’n tydsame, uitmergelende en dikwels frustrerende soeke na die ware toedrag van sake en die bes moontlike verstaan van dinge."
Dankie virrie party time, Uncle Cyril
2020-08-18"Vedag suip perty, môre het hulle hangover, maa’ oormore gan hulle beginne onthou. Hulle gan onthou hulle het ‘ie wêk ‘ie, wan hulle employer is bankrot na vyf maane sonne income. Hulle gan onthou lat die kospakkies wat beloewe is, nie by ammel uitgekom het ‘ie."
Die roeping van filosofie
2020-08-17"Die vraag, sê hy, moet deur elkeen wat meedoen aan die filosofie vanuit sy situasie en op ’n persoonlike wyse gestel word, want dit is die enigste wyse waarop daar met die vraag omgegaan kan word. Nie deur ’n antwoord daarvoor te gee nie, maar deur dit toe te eien as jou eie vraag, deur dit selfs tot die vraag van jou lewe te maak waarin alle ander lewensvrae meeklink."
